So kom die herdenking van ons Verlosser se geboorte, die einde van die oujaar en die aanbreek van die nuwe ene nou vinnig nader. Net vir geval my blogvriende binnekort vir die vakansiedae vertrek, wil ek ‘n hartwarm dankie laat hoor vir die geselsies en kuiertjies waarmee julle my bestaan verryk het die afgelope paar maande – weet dat dit sooo baie beteken.
Mag die feestyd vir elkeen van julle 'n tyd van nuwe belewenis van die Vader se liefde, in Christus Jesus wees. Mag jul wandel met Hom in die nuwe jaar telkens nuut gemaak word deur die werk van die Heilige Gees.
Vriendskapsgroete
mariki
mariki,
ReplyDeleteBaie dankie dit is n n baie mooi en treffende boodskap. Ons harte praat dieselfde taal vriendin.
Nimsi
x
Baie dankie Mariki.
ReplyDeleteEk kan dit nie self mooier as jy se nie, dus wens ek jou en joune dieselfde toe.
Het al so agtergekom, Nimsie.
ReplyDeleteDesia -- weereens, so baie dankie!
ReplyDeleteHi Mariki
ReplyDeleteEk is sooo bly ek het jou die jaar ontdek!! Ek lees en kuier altyd lekker hier by jou!
Mag jy en jou geliefdes 'n geseënde feesseisoen en baie mooi en gelukkige 2009 beleef!
Lekker rus
x x
Wipneus, jy is 'n skat en ek waardeer jou baie.
ReplyDeleteGeseende Kersfees vir jou en jou gesin, Mariki. Dankie vir die interessante leesstof die afgelope jaar.
ReplyDeleteOok jy is 'n gewaardeerde kuiergas. Dankie vir die mooi wense.
ReplyDeleteMariki vir jou en jou gesien ook 'n vreugdevolle Christusfees. Lekker by jou gekuier vanjaar.
ReplyDeleteMet dankbaarheid dieselfde vir jou, Sandra.
ReplyDelete