Saturday, January 10, 2009

Dominee Jannie en die kat



Jannie se ma kyk by die venster uit en sien hy “hou kerk” saam met sy kat.
Terwyl die kat rustig vir hom sit en kyk, word dié ewe ernstig deur Jannie “bepreek.” Sy ma glimlag, en gaan aan met haar werk.



‘n Rukkie later is daar ‘n harde gemiaau en gesis, en sy hardloop terug venster toe, net om te sien hoedat die kat deur Jannie in ‘n emmer water gedoop word.

“Jannie,” roep sy, “hou dadelik op! Die kat is bang vir water!”

Onskuldig kyk Jannie op en sê:

“Hy moes daaraan gedink het voordat hy by my kerk aangesluit het.”

6 comments:

  1. Se ek ook, Dominee Jannie, se ek ook!
    Amen op hierdie een Mariki
    Liefdetjies
    Nimsi

    ReplyDelete
  2. Hallo Mariki,
    Jy het eerste kom kennis maak en nou kom ek gou hier by jou aan. Die arme kat lyk maar bra verskrik na die doopery.
    Hierdie inskrywng het my dag sommer opgevrolik
    Sterkte

    ReplyDelete
  3. Welkom Oom Petrus!

    En ja, is lag nie 'n wonderrrlike genadegawe nie.

    ReplyDelete
  4. Dis baie snaaks! Die foto's vertel die hele storie!

    ReplyDelete