Thursday, December 22, 2011

Hy is nie welkom vir Kersfees nie

‘n Televisie-herstelman in New Jersey het laasweek op een van sy werkrondtes ‘n groot verrassing gekry: toe hy by die kelderkamer van ‘n huis in New Jersey instap, val hy amper bo-oor ‘n 500-pond slapende beer!

Hoe die dier by die buitedeur van die kelder ingekom het, weet niemand nie.

Die herstel-ou kon nie gou genoeg agteruitwals nie, en met dié dat hy homself byna des dinges teen die deurkosyn stamp, word die ou grote wakker, kom orent en slof ewe argeloos uit waar hy ingekom het.

Hy is ‘n rukkie later deur die wildlewe ouens op een van die straathoeke in die dorpie met ‘n kalmeerpyltjie geskiet, het nog so ‘n paar blokke verder aangestap, en toe neergesak. Hy is na ‘n onbekende bosbestemming geneem en vrygelaat, waar hy hopelik genoeg beergeselskap vir die vakansietyd sal hê.



Sunday, December 11, 2011

Toe lag ons strenge dominee kliphard


Ek bewandel al genoeg jare lank hierdie ou aarde om baie dinge te gesien en gehoor het. Onder die “gesien het” tel onder andere vele grappies oor die oulike glipse en blapse van  kleingoed, en onder die “gehoor het” ook dinge wat hulle dan sodanig in kerke en onder eredienste sou oorgekom of kwytgeraak het. (Party daarvan maar papierdun as dit teen die lig gehou en beskou word. Klink sommer plein opgemaak as jy my vra.)

Self het ek sodanige gebeurtenis nog nie beleef nie. Tot vanoggend.

Ons het ‘n strenge doominis in ons klein gemeentetjie. Baie reguit, en vat nie nonsens nie. Só dan, geen kinderkerk nie want kinders hoort in die erediens (maar hy het altyd tyd vir die kleintjies en bestee baie tyd aan hul sielesorg.)

Vanoggend begin hy sy preek met ‘n inleiding oor die sonde-geneigdheid van die mens.

“Wens julle nie ook dat as julle een oggend die koerant oopmaak, al die nuus in daardie uitgawe net goeie nuus is nie? Wens julle nie dat alle mense goeie mense is nie? Of dat jyself altyd die regte ding sal doen nie, of selfs net die regte ding sal sê nie? Of dalk wens jy dat jy net nadat jy vanoggend opgestaan het, liewers jou tong afgebyt het.”

Dis toe dat een klein outjie wat baie goed geluister het, erg verontwaardig en kliphard in die stilte laat hoor: “Jêgg! Oh NO!” 

Thursday, December 8, 2011

Amerika se Swart Dinsdag val toe op Donderdag


~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Sien?!


Onthou julle my ontstoke possie van so twee weke gelede? Oor hoedat dit net ‘n kwessie van tyd is voordat die hele wêreld onder die hiel van ‘n bose regeringstelsel sal wees (en wat ek nie eens genoem het nie, is die geloofsvervolging wat sal plaasvind.)

Nou wel.

Wat hier onder te lese is, stem sterk ooreen met Black Tuesday in Ouland. En die reëlings vir een oorheersende groep om die wêreld te regeer, val stadig maar seker in plek.

Nuusberig uit Washington, in koerante te lese –

“Late last night (Donderdag, 1 Desember) the Senate reached a quiet compromise (en waarom so stilweg, as ek mag vra??) to pass the defense authorization bill. Toward the end of the bill, the National Defense Authorization Act says that if passed, it will also apply to Americans "if we want it to."

The Pentagon spending bill or Senate bill 1867 for mandatory indefinite detention under the U.S. government has passed a bipartisan Senate by a vote of 93-7, despite the disapproval of retired military officials and President Obama (hy moet voorgee hy is nie ‘in’ op die storie nie – masker-dra) threatening to veto the bill if it goes through the House.

The Senate's version will need to be reconciled with the House-passed measure before the congressional session ends. If both go through, Natural News reports that the passing of the bill is an "insidious plan to put in place a legal framework to end the Bill of Rights, murder protesters, and overrun America with total police state brutality." Senator Rand Paul warns of the removal of certain rights from the Constitution, such as the removal of due process.

Natural News writes the bill would allow indefinite detention of citizens accused of anti-government acts, which would apply to Occupy Wall Street protesters, journalists,even  bloggers, and more.”


Hoe lui die spreuk?
 “And stil the sheeple is asleeple.”