Tuesday, November 22, 2011

Ek voel bebloggerd

Vir weeeeke sôkkel ek om my kraaltjie te kan bewerk -- maar nee, Blogger voeter my rond van 'n kant af.

As hy (dit MOET 'n hy wees) wel, as hy nie weier om my possies te plaas nie, dan trek hy letterlik (no pun intended) sulke helder wit strepe deur die woorde wat alles totaal onleesbaar laat; of anders verskyn alles in kodeskrif -- wat ek reken, selfs die KGB sal sukkel om te ontsyfer. (Ek noem nou maar nie hierdie land se See-Ie-Aa by hulle se naam nie, want omdat hulle alles wat luglangs gestuur word kan opvang en ontsyfer [is bekend en bewys], sal ek dadelik deur hulle geteiken word, glo my. Indien ek nie al is nie.)

 Maar nou begin ek politiek praat, en daar is ek tot in der dagen sat van en sielsmoeg voor. Want moenie dink omdat ek dit nooit op my kraaltjie aanspreek, dat ek nie weet wat in die wêreld en agter die skerms aangaan nie. Glo my, ek weet, o ja ek wéét -- meer as wat die meeste gewone burgers hier, of daar of oral besef --- watter marionettespel aarbol-rond aangerig en gemanupuleer word.

En waarom almal van ons -- hierso, in Ouland en wêreldoor, soos rotte in 'n val maar net kan sit en wag en toekyk hoedat meeste van wat plaasvind, gemanipuleer en gereël en georganiseer word. Want die marionettemeesters het 'n doel -- vir eeue al en met 'n duiwelse aandrang -- om soos van ouds, onder leiding van geheime organisasies, weer hul eertydse Toring van Babel op te rig.


Daarom weet ek dat die veragtelike wet wat vandag in Ouland deurgevoer is, nie 'n haan sal laat kraai nie. In elk geval nie 'n haan wat sal probeer om die henne en die kuikentjies te beskerm nie. O, die regte geluide sal gemaak word, verseker. En waarskynlik sal internasionale koerante en tydskrifte met name soos die Tyd(s) en ook ander, hul ou storietjies daaroor opdis -- omdat die nuusmedia hier (wat ook onder totale beheer staan), altyd en tot op die einde die spel sal bly speel van Vrome Piet.

Máár: laat hulle hul duiwelse speletjies speel en skryf wat hulle wil en bou wat hulle kan -- my Here in die hemel slaap nie en op Sy tyd en Sy dag en datum wat Hy daarvoor bepaal het -- sal hy die speletjies wegvee voor Sy oë; sal Hy strepe deur hul geskrifte trek en sal Hy die maskers van hul gesigte afruk.  En dan sal die hele ouwêreldse tafereel soos 'n doek opgerol word en 'n groot stem uit die hemel weerklink: "Kyk, Ek maak alles nuut." (Openbaring 21:5)

Sjoe, kyk waar het hierdie kraaltjiekrisis my laat draai! Maar ja, ek het by hierdie geselskraaltjie en by my lewenskraaltjie beblogger geraak, en so sal dit wees tot op die aardse einde.

Wil ek my sigselwers bly sien as 'n rot in 'n val? Nee!!  Want in Christus is ek meer as 'n oorwinnaar!! Hy het rééds die oorlog gewen, ek moet maar net in die veldslag aanhou.

Dankie my Redder, ek veg nie VIR die oorwinning nie, maar VANUIT die oorwinning.

Maranata -- Kom Here Jesus, kom gou.

3 comments:

Anonymous said...

Het nog nie tevore hier gesels nie, maar ek moet net sê dat na baie lees en studiewerk, weet ek waarvan jy praat en stem ek totaal daarmee saam. Eendag, wanneer dit te laat is, sal die massas begin besef hoedat ons as pionne gebruik is.

Dankie dat jy wys op die troos wat ons het.

Sal weer inloer, dankie.

Karin

Anonymous said...

Oh dear me, vriendin. Van ons familie het ook op hierdie goed begin vind. It truly is shocking. Oh, to think of the betrayal! Maar, soos jy het geê, ons kan maer net steen op die Vader.

C'tjie

Dané said...

Joe Mariki, een van my ooms het ook altyd gepraat oor die vervolging in die laaste dae van die wêreldbevolking duer een groot regering. Ook geloofsvervolging. Maar ek was nog te jonk om aandag te gee, en nou is hy reeds oorlede.

Maar soos jy sê -- ons Vader sal ons deurdra.