Tuesday, June 30, 2009

My Nelly vir sy Jack

Aggenéé, aggenooit!

Kyk, ek vermoed vuilspel in my tuin.

Baie jare al het ek begeer om ‘n clematis te plant. Van alle kante het ek hulle by kwekerye en in tuine en parke bekyk en bewonder. Nou nie almal nie, dis nou, bewonder nie. Veral nie dié met so ‘n dowwe, neerdrukkende begrafnispers blom nie.


Maar o, defnitief het ek met die oog so gevang-vang na die Nelly Moser se kant toe. Dáái ene sal in my tuin pronk, dit het ek sommer net gewéét.


Besluit toe verlede jaar met groot oorleg waar ek vir Nelly gaan laat stoelmaak en rank. Lees op oor groeiwyse, bestudeer plantmetodes en gewapen met my oorwoë kennis, maak ek haar een sonnige Saterdagoggend liefkens op haar eie en spesiale plek staan, met haar geliefkoosde beenmeel om die wortels gestrooi.

En Nelly stel nie teleur nie. Net so hier aan die einde van die groeiseisoen, beloon sy my bewondering en waardering met ‘n pragtige, ragfyn trossie van drie fee-agtige, sagpers blomme wat my opgewonde na Vennoot laat roep om hierdie mooite saam met my te kom waardeer. ‘n Jarelange gedagteblom se ware swier is toe mooier as wat ek my kon verbeel het.

En die winter het gekom en die winter het gegaan en Nelly kry haar lentekos en so wag ek weer met opwinding dat die bykans 15 nuwe knoppe moet oopmaak.

Dog met ons terugkoms van Kalifornië af verlede week, is dit waarrempel nie Nelly wat ons inwag nie, maar….Jack! En hoe lyk hierdie indringer van ‘n Jack miskien….?

SO:
Clematis Jackmanii

Sowaar daai dowwe, neerdrukkende begrafnispers-spesie wat ek nie wil sien nie – in elk geval nie in my tuin nie en defnitief nie waar ek my Nelly geplant het nie.

Nou kyk, dit kon gewees het dat ek maar net die verkeerde plant by die kwekery gekoop en kom plant het. Maar Vennoot het dan verlede Augustus saam met my die drie pragtige lilapers blomme gestaan en bewonder!

Daar bly dus net een moontlikheid oor: iemand het my Nelly kom omruil vir sy Jack.

Maar wie???

Sunday, June 28, 2009

El Pueblo de Nuestra Señora la Reina de los Angeles de Porciúncula.

El Pueblo de Nuestra Señora la Reina de los Angeles de Porciúncula.

Overgesetsynde:
The Town of Our Lady the Queen of Angels of the Little Portion.

Soos ons dit ken: Los Angeles.

Dis waar ons verlede week omrede van sake ‘n vinnige draai gaan maak het.
(Sommige van die foto's is van 'n publieke domein webwerf af.)

Die Walt Disney konsertsaal.

'n Kantoorgebou met 'n vierkantige gaat in die middel.

Van ver vandaan in die geskiedenis kom LA. Was eers Spaanse goedere hier so teen die einde van die 16e eeu, daarna Meksiko s’n toe dié onafhanklik word van Moedertjie Spanje, maar toe die Merikaners die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog in 1848 wen, is dit klaarpraat vir LA en Kalifornië. Oftewel, Ingelspraat is toe aan die orde van die (Amerikaanse) dag.

Gewoonlik dink mense dadelik aan Hollywood wanneer die Stad van Engele ter sprake kom. Nou is dit so dat Los Angeles en omgewing veel, en baie meer is as net te doene met Hollywood:

* Dit word as die entrepeneurshoofstad van die wêreld beskou, met sowat 200 000 kleinsake-ondernemings. Dit is twee maal meer as op enige ander plek in die VSA.

* In terme van bruto nasionale produk is Los Angeles County (nie die stad alleen nie) s’n die 11e grootste ekonomie ter wêreld (hmmm, so DIS wat die inkomste uit die silwerdoekbedryf teweegbring), en wel groter as dié van Nederland, Suid-Korea en Mexico --- en lê net agter Kanada, China en Spanje!

* Dit is die besigste Amerikaanse hawe as dit kom by die hantering van skeepshouers.

* Los Angeles County beslaan dieselfde land area as die staat van Connecticut en het net soveel mense as die hele Michigan -- 10,393,185.

* Los Angeles stad spog met 90 teaters en meer as 300 museums – die meeste van enige Amerikaanse stad.

* Die weer in LA is total iets op sy eie. “Smog” is op die ergste in die somer, maar so ook mistigheid (wat deel van die smog uitmaak).

Só het ons dit gesien -- hulle noem dit "June-gloom". Die helder sonskyn was slegs vir sowat vyf ure genietbaar.


Daar is dae in Junie dat die mis op die strande glad nie optrek nie en mens sou glo jy is eerder in London as Kalifornië!

Terloops. die stadsbewoners staan bekend as Angelenos (wat rym met al die casino’s).

'n Klein inham-strandjie. Wonder of die pappies die kindertjies vir die mammies oppas terwyl dié swem?

Santa Monica-strand, waar, soos hulle vertel, die "gewone" mense probeer strand hou. Net suid is Muscle Beach waar die spierknopmanne uithang en net noord Malibu, vertoonplek van die rykes en beroemdes.


Los Angeles lughawe uit die vliegtuig uit. Dis nou een keer wat ek nie sal hou van "strand toe gaan" nie -- so met 'n vliegtuig wat nie sy stop kan kry nie.

Ten spyte van die palmboomprentjies, is die omgewing maar redelik droog, met 'n reënval van net 34mm per jaar.

In die rigting van Belair.

Die heel slegste ding van in LA te woon, is die verkeersnagmerrie: dit bly stad nommer een in die VSA wat verkeersprobleme betref. En wel omrede van die baie mense, ook lae-digtheid behuising en te min openbare vervoer.

En dis hoe hulle die probleem probeer oplos. Maar laasweek Woensdag so teen drie-uur die middag, sit ons vas in die verkeer -- en dit met SEWE bane in elke rigting!!

Ek hoop hulle het darem vir hierdie beplanner 'n prys gegee...

Friday, June 26, 2009

Onthou bietjie

Uhhm.....om almal daaraan te herinner: dis tyd om kersgeskenke te begin koop, hoor!

Nog net ses maande oor....

Monday, June 22, 2009

Sinsverukking

Steeds aan't kuier op die pragtige eiland! Nie veel te vertelle vandag nie, maar kyk sal ons kyk, want pragtig was immers nog nooit lelik nie.

Benvenuto, Italiaans vir "welkom", was die eertydse naam van die Butchart Gardens, ‘n Kanadese Nasionale Gedenkwaardigheid.

En van oraloor af kom die besoekers -- só vertel die vlae.

Butchart Gardens is ‘n be-le-we-nis. Was nie altyd so nie. Hier het Pim Butchart met die draai van die eeu, homself skatryk gewerk met sementmaak, met 'n vrou wat wil tuinmaak.....



Elke jaar word meer as ‘n miljoen beddingplante van 700 varieëteite geplant wat sorg vir ‘n kleurparadys van Maart tot Oktober. Dwarsdeur die jaar word musiekkonserte aangebied, en elke Saterdagaand ‘n manjefieke vuurwerkvertoning!


En hier het dit alles begin. Want toe die steengroef uitgewerk raak, besluit Jennie om dit te omskep in ‘n versinkte tuin. En dit gedoen ook – deur tonne bo-grond te laat aanry met wa en perde en te begin plant.....

.....en plant.....



O, om darem deur soveel prag omring te wees.....



Die baaitjie waar die gesin se boot altyd voor anker gelê het.


Wêreldreisigers Pim en Jennie lê in 1908 ‘n Japanese tuin aan.


Nog later volg die formele Italiaanse gedeelte.




Die mooiste asblik ooit!

Die landgoed word nog steeds deur die Butchart-familie besit.


Die tuine beslaan altesaam 22 hektaar se blomme-weelde!


Om dit alles te kon sien en indrink, was eenvoudig betowerend. Nog 'n fantastiese geskenk uit die hand van die Skepper van alle skoonheid!

Saturday, June 20, 2009

Ek verstaan, Mamma

‘n Mamma gesels nou die dag met haar seuntjie, seker so 7–8 jaar oud, en probeer hom leer oor die lelikheid van “trots”. Hoedat ons nie moet dink ons verdien beter nie, of dat ander mense sommer net slegter is as ons nie.

Nadat sy so ‘n bietjie “gehum-en-gehaa” het oor die betekenis van trots, vra sy of hy nou verstaan wat trots is.

“O ja,” antwoord hy met sekerheid, “dis dieselfde as êrrie tjêrrie TJORTS!”

Thursday, June 18, 2009

WHAT a God we serve!!

I came across this absolutely exhilarating story and knew I just had to share it -- how can we not tell about the love and mercy of our Father and extol His greatness! So, with permission granted by Shane's mommy, read and enjoy!


Shane.....gracious gift from God...that is what his name means. Today we celebrate the miracle of his conception, birth and life! Six years ago I went to my doctor on June 16th only 4 days after my twins turned two. This is what transpired that morning. I went in for my twice a week ultrasound to see this baby that my doctor was convinced would be born with challenges regarding his abdomen or liver. On the ultrasound we saw this very large baby with an abdominal area twice the size of a normal baby at 36 weeks.

I had already been hospitalized three times due to fetal distress and dangerously low amniotic fluid. My doctor had already had the discussion with me that Shane may not make it...I was told that we would have the best neo-natal unit ready to sweep him away and care for him right after my delivery. My doctor was one of the best in the state, but he found himself consulting with doctors in New York and California. He said..."it is one for the books."

Back to the morning of June 16th. I went in and told my doctor that I had had one of my weird dreams about him and my delivery (typical pregnant dream) it had something to do with Martha Stewart too...she was in my dream...odd huh? Anyway, we all got a good laugh about it, then my doctor says these words...I will never ever forget them: "Funny that you say you dreamt about me. I had a dream last night too, and I have never in my memory ever had a dream...ever!" He just explained that he had never dreamt before ever! Wow!

However, on June 15th he dreamt about a patient with a very large womb...he was examining her, when he suddenly saw this bright blinding light coming from the uterus. He looked over at his nurse and said "Do you see that bright light?...amazing." She leaned forward to look and she said with a gasp..."OH look there is an angel in there!!". He immediately woke up, shook his wife awake and said "I have to deliver Lisa Engel today!" He had already made the arrangements for the Operating Room and I was set to deliver at 8:00pm. I remember saying..."WHAT? Because of a dream!" He reiterated that he had never dreamt before and he said "when I heard the nurse say that there was an angel in the uterus...I immediately knew that I must deliver your baby today!" A month early!

He said that if Shane stayed in one more month he was likely to be around 15 lbs at the rate his abdomen was growing...the ultrasound showed a very large, very disfigured baby in a lower amount of amniotic fluid. It just made sense to him, and I was a peace! So it was set! We would all meet Shane at 9:00ish!

Meanwhile, I call our freind and "adopted" grandma Carole and these were her words..."Well, I've been praying for Shane and I believe that was the Lord in your womb, healing that baby!" Little did she know how prophetic it really was!

This same doctor delivered my twins and was then when I almost died. Now he gave his team and amazing pep talk, looked over at Mike and I and said...it is in God's hands. (This man was not saved as far as we know, but we loved him and still do very much!). The operating room was crowed, more than with the twins, with NICU people and everyone was anxiously waiting to care for this little "gift from God"!

He removes Shane and I remember hearing my doctor almost cry in astonishment, "Do you see this? Do you SEE THIS? LOOK AT HIM!!?? I can't believe it!!....LOOK AT HIM!!" I remember crying thinking..."what in the world does he see!!" He started to laugh and came around the curtain and told me Shane is so beautiful, he told Mike to see for himself...he was 10lbs, a little jaundiced and had an enlarged liver, but not anything...NOTHING..like what we saw that morning!! (We all believe that the Lord was in my womb healing Shane in that dream that my doctor had!)

NICU could leave...Shane would spend some time under the lights, but by 11:00pm I was holding my newborn, beautiful, gracious gift from God! In my memory, it was my first time holding a newborn. (remember my last post...I was in and out of a coma when they gave me my twins..I have pictures, but no memories of holding them as newborns!)

I always say that Shane was my bow on the most amazing gifts I could ever hold! My journey to become a Mommy was such a long one. Ten years of taking my temperature, getting shots, giving blood, having surgery and losing 14 babies along the way, then to get pregnant with twins almost losing them two or three times, strict bed rest for 6 months and then almost dying after giving birth. I never thought I would get pregnant let alone have a fairly decent pregnancy. I was totally surprised when I saw the plus sign on the pregnancy test (with the twins...I always expected a plus sign...being a fertility patient will do that to you!) I got to show off my belly when I was pregnant with Shane (less bed rest with him), I got to purchase an outfit for him...I couldn't do that for my twins (bed rest!)...so all the things that didn't happen or I couldn't do while pregnant with K&B I was able to experience with Shane...gracious gift from God!

So here he is! Six years old today! (June 16th). Such a special blessing to add to my quiver!

Wednesday, June 17, 2009

Nagtelike dwalings

Blah!!

Verkyk my al van lankal af aan so baie van julle se mooie, opgedôlliede blogs. Kom toe gisteraand laat op ‘n werf af wat my kan help om ook my ou eie kraaltjie te versier.

Hmm…kry vergesigte van die uitbeelding van die seisoen se somerweelde, verweef met my persoonlikheidsuitlewing, vermeng met my emosionele verhouding met kleure…weet sommer net ek gaan ‘n treffer tevoorskyn tower. Móét mos – met so ‘n diep filosofiese begronding…

Ná drie ure se gespoeg en plak en kliek en oë se skeeltrek van moegheid, is DIT waarteen ek (en ongelukkig julle ook), nou moet vaskyk.

En ek is allesbehalwe ‘n groen en beige-bruin mens!! Agge-nee-tog.

G’n wonder nie die spreekwoord sê, die tweede dwaling is erger as die eerste.

En:

Skoenmaker hou jou by jou lees.

Dit het ek nou van uitspattig wil wees.

Monday, June 15, 2009

Lente-luigeit

Vandag was ek bewolk, bedot en bedinges. Behóórlik.

Ek skaam my eintlik om daarvan te vertel, maar terwyl ek nou begin het, laat ek maar deurdruk….

Vandag se dag het ek begin met Operasie Lenteskoonmaak. Nou kyk, afgesien daarvan dat ek nie meer 'n lentekuiken is nie, hou-ek-nie-van-huisskoonmaak-nie. Punt. En uitroepteken.

Dis so 'n sinnelose aktiwiteit -- oor drie dae kan niemand meer sien dat daar gister-eergister afgestof was nie en dan moet ek alles weer oordoen met die wete dat oor drie dae weet niemand WEER nie dat ek my hier afgesloof het nie. Nie dat iemand noodwendig hóéf te weet wat ek doen nie ---- ek is nie eersoekerig nie, maar ek verpes roetine en herhaling.

Nie dat ek baie daarvan doen nie – van die afstowwery nou nie.

Maar so twee maal 'n jaar moet die plek van bo-tot-onder en van hoek-tot-kant bietjie aandag kry. Al is dit net sodat ek vir 'n maand lank heerlik in die skoon huis kan bly met die gevoel dat ek dit verdien; ook sodat ek vir die ander vyf maande, tot die volgende suiweringsessie net bolangs kan verbyflerts met afstof en bietjie-se-byhou; maar óók is dit omdat ek my oorlede ou moederma se nagedagtenis in herinneriing wil roep ---- sy wat so wonderlik skoon en netjies was met g'n van een lui haar op haar kop nie.

En so met die Spring cleanery-saam, voel ek dat ek darem níé glad-nie na haar aard nie, al is dit net so 'n knertsie-van. En dis 'n goeie gevoel. Want glo my, wanneer ek klaar is, kan ons in hierdie huis van die vloere af eet (soos dit elke liewe week by Oumoeder die geval was, bygesê.)

Maar vroegoggend al toe steek my rugprobleem kop uit en met dié dat hy seerder raak, raak ek al jammerder vir mysigselwers en hoe verdrietiger ou Aspoestertjie voel, hoe kwater raak sy sommer op die koop toe vir alles en almal. Met geen stieffamilie eens in sig nie.

Lekker kinderagtig, lekker ondankbaar en sleg sondig.

Want ek is nie lam nie -- ek kan die stofsuier stoot en die stoflap vashou; ek is nie blind nie --- ek kan sien waar ek moet werk; ek is nie haweloos nie --- ek werk in my eie mooi huis.

Moet net nie dink toe ek myself so katkiseer dit het dinge beter gemaak nie. O nee, toe is ek boonop kwáád vir myself. Oor my sonde. Én oordat ek nie so fluks soos my ma is nie. Én oordat ek nie die “swaarkry” met lekkerkry wil klaarkry, op Langehoven se patroon nie.

Maar miskien, net miskien….as dit die uitwerking is wat Spring cleaning op my het, dink julle nie ek moet dit nou maar in die toekoms net eenvoudig heeltemal los nie…?

Friday, June 12, 2009

Bere, bewerasies en bome

Ry toe weer eendag rond op die eiland (die grootste aan die Amerikaanse weskus), en so met die om-die-draai-kom, lyk dit eers soos ‘n stormwaterpyp…

….en toe nie meer nie


….ons stop (natuurlik), maar diiisss a-a-a-a-n MY kant …..

WAT gee enige iemand die idee dat ek, wel.... beerbewerasies gehad het?

Kan nie stry nie, hulle HET ons gewaarsku:

En as die eerste waarskuwing gegeld het, wat moet ons van hierdie ene te wagte wees......

Dit alles aan die westekant, die mees ongerepte kuslyn van Vancouver Eiland, waar daar in 1964 met die Groot Alaska Aardskok wel $10 miljoen se skade deur 'n tsunami aangerig is.

Gedra ons nes regte toeriste, ignoreer die waarskuwings en gaan stap heerlik in die reënwoud:



Dié soort boomstamformasies het ons nog nêrens anders teëgekom nie; dis meestal rooi seder.


Dis 'n boom wat op linkerkant sowat 3' hoog gegroei, en toe besluit het hy wil 'n regsdraai maak; twee voet se hoogte later, weer dieselfde idee gekry...


Stap ook 'n stukkie van die baie gewilde Wild Pacific wandelroete.



Dit was 'n windstil dag, maar die bome aan hierdie kuslyn het al soveel wilde storms oorleef dat hul permanent verbuig is. Die punt by die voortoring hierbo, is 'n gewilde plek om in die winter "stormwatching" te kom doen, wanneer golwe van tot 6 meter hoog met geweld teen die rotse vasslaan.