Monday, May 24, 2010

En die Here het verlos

“Ons kan nie genoeg dankiesê vir die gebede van God se kinders vir ons nie. Hy het gehoor, en ons uit gevangenskap verlos.”


Dit was die woorde van Maryam Rostampour and Marzieh Amirizadeh toe hulle hierdie naweek op ‘n buitelandse lughawe (naam geheim gehou) in die arms van geloofsgenote ingehardloop het, ná 14 maande van aanhouding in Iran.


Hulle is op 5 Maart 2009 in hegtenis geneem omrede van hul Christelike geloof en weens swak behandeling, eensame opsluiting en geen mediese versorging nie, het hulle erge gesondheidsprobleme ontwikkel. Hulle het egter nie geswik onder die aanhoudende druk en intimidasie om terug te keer tot Islam nie. Hulle getuig dat hulle herhaaldelik in die tronk wonderwerke gesien en die versterking van God ervaar het.


Soveel so, dat beide jong vroue in die hof waagmoedig aan die Islamietiese regter gesê het dat hulle nooit van hul geloof in Christus sal afsien nie.


Vandeesmaand is hulle teen alle verwagting in, op alle aanklagte vrygespreek, maar gewaarsku dat geen Christelike bedrywighede in die toekoms geduld sal word nie.


Toe hulle op die lughawe vertel is hoedat hul voorbeeld skares gelowiges regoor die wêreld heen versterk het, het hulle dadelik geantwoord: “Ons is bloot swakke mensekinders met baie tekortkominge. Die eer en die heerlikheid behoort aan God wat ons staande gehou en gebruik het. Waarom Hy ons gekies het, weet ons nie, maar die glorie is Syne.”


Hoewel hul toekoms onseker is, is hulle vasbeslote om ná ‘n tyd van herstel en die soek van God se wil, die vervolgde Iranese kerk te bedien.

~~~~~

Bid tog asseblief vir Maryam en Marzieh se spoedige en algehele herstel, asook vir die vervolgde christene in Iran.


Wednesday, May 19, 2010

Goed en kwaad


Om Alexander Solzhenitsin te parafraseer:

Die streep tussen goed en kwaad is nie getrek tussen Oos en Wes, tussen kommuniste en kapitaliste, tussen swart en wit, tussen infidels en Moslem, of tussen Christene en afgodsdienaars nie; nee, dit loop deur elke mensehart....

Monday, May 17, 2010

Briefie uit Bloem

Vrydagmiddag ry ek by die hek uit op pad winkel toe. ‘n Lang, skraal swartvrou stap stadig voor in die pad met ‘n volgelaaide plastieksak in die hand.

Op die ingewing van die oomblik hou ek stil en vra of sy wil saamry tot by die taxi-staanplek. Dankbaar klim sy in en slaak ‘n sug…haar mooi besnede gesig is strak. Kwellinge oor ‘n harde lewe?

Ná ‘n minuut of wat se stilte, vra ek haar of sy in Jesus Christus glo?

“Ja!” kom die antwoord.

Ons ry verder en toe haal sy ‘n verskrompelde plastieksakkie uit haar handsak, en uit die sakkie haal sy haar verrinneweerde Xhosa Bybel, absoluut opgelees!

Daar skiet ‘n pyn deur my binneste by die aanskoue van hierdie onbekende vrou se geloof waarvan sy toe getuig en vertel hoe sy altyd met die Here praat en hoe Hy haar help… sy het nie meer ‘n man nie, net haar kinders….

Toe kom dit asof van nêrens in my op: “Dan is ons mos susters in die geloof in Jesus Christus!”

‘n Ligte glimlag trek oor haar gelaat, sy praat in haar taal en beduie boontoe…wat sou sy kwytgeraak het?

Dit flits deur my om haar ‘n nuwe Bybel te gee, maar die vertroudheid waarmee sy hare vashou, spreek boekdele…

Diep getref!

Liefde,

Ousus

Wednesday, May 12, 2010

Dis lente, maar die winter is nie verby nie


Ná gister se reën, toe sneeu dit vandag en komende nag, só sê die weerprofete, val die kwik tot by vriespunt.

Maar dis maar bloot wat die weerprofete sê.......













Tuesday, May 11, 2010

Divining Divine weather

Buite sous dit. Soms net ‘n ligter misreën; dan weer sulke vaal waterveegsels voor die venster verby.


Soos in my Kaapse kleintyd.


Behalwe dat die Kaap baie ver is, en my kleintyd ligjare gelede.


EN dat dit lankal veronderstel was om uitbundiglik lente te wees.


Maar wie is in beheer van “veronderstel”?


Soos ‘n tydjie gelede toe oudste kabouterbekkie (5) by was, terwyl haar pa die weerberig voorlees.


Sy sit hom ‘n tydjie so en beluister, en toe:


“Daddy, do these people speak to God before they write about the weather in the newspaper?”


!!!


Saturday, May 8, 2010

A Sad Mothers Day

--- please don't cry.

Thursday, May 6, 2010

MONUMENTAAL!!

Monumental report from the President’s Cancer Panel

This is a monumental news day!

The President’s Cancer Panel Report released today exhorts consumers to choose "healthy" food to help decrease their exposure to environmental chemicals that can increase their risk of contracting cancer!



“Exposure to pesticides can be decreased by choosing, to the extent possible, food grown without pesticides or chemical fertilizers…Similarly, exposure to antibiotics, growth hormones, and toxic run-off from livestock feed lots can be minimized by eating free-range meat raised without these medications,” according to the report, “Reducing Environmental Cancer Risk: What We Can Do Now,” submitted to President Obama by Dr. LaSalle Leffall, Jr., an oncologist and professor of surgery at Howard University, and Dr. Margaret L. Kripke, an immunologist at the M.D. Anderson Cancer Center in Houston.

In a letter to President Obama, the panel stated “The American people — even before they are born — are bombarded continually with myriad combinations of these dangerous exposures. The Panel urges you most strongly to use the power of your office to remove the carcinogens and other toxins from our food, water, and air that needlessly increase health care costs, cripple our Nation’s productivity, and devastate American lives.”

This landmark report by the prestigious scientific panel recognizes, at the highest level, what American food products provide -- essentially endorsing the organic food industry.

~~~~~

Amper te goed om waar te wees.......vir jarre der jarre is hierdie gegewe afgemaak as onwaar/onbevestig/oordrewe.

Nie dat dit enigsins moontlik is dat die landboubedryf oornag na die organiese rat oorgeskakel kan word nie. Ekonomies nie haalbaar nie. (Buitendien sal die gifstofbedryf/die hormoonvervaardigers en -verkopers/die antibiotikumsmouse daar nie net 'n stokkie voor steek nie, maar 'n oorlog daarteen verklaar....)

Dog, die blote feit dat IEMAND IETS sê....!!!

Juig!!

Sunday, May 2, 2010

Weswaarts (3) -- Gleanings

Laasmaand se ry Kalifornië toe, was eintlik om ‘n week se vrywilligerwerk by ‘n YWAM-basis (Youth With A Mission) te gaan doen.

Gleanings for the Hungry is ‘n merkwaardige plek.


Vyf-en-twintig jaar gelede het die Here vir Wally en Norma Wenge die droom gegee om ‘n Josef-bediening in Thailand te begin (dit wil sê, om kos aan die hongeres te verskaf.) Hulle het onthou van al die vrugte wat in die vrugbare San Joaquin Vallei in Kalifornië verlore gaan – en só is Gleanings gebore. (“Gleanings” = oorskot. In die Bybel het Rut koringare – die oorskiet – op Boas se land “geglean.”)


Uitskot vrugte (perskes en nartjies wat nie bemarkbaar is nie omdat dit te klein is, of die vel nie goed lyk nie), word deur vrugteboere aan Gleanings geskenk, waar dit in die somermaande gewas en gedroog word vir verspreiding.


Van oorskotgroente word in die afseisoen, soppoeier gemaak. In 2009 is 27 miljoen porsies sop versend!

En AL die werk word deur vrywilligers vanoor die hele land gedoen onder leiding van die YWAM-personeel, wat nie ‘n salaris verdien nie, maar deur hul gemeentes, familie en vriende onderhou word.


Die personeel se beskeie behuising (alles word deur die vrywilligers in stand gehou). In ons week het 'n span van drie óú omies byvoorbeeld die slotte en knippe van al die deure en vensters nagegaan.


Nie sommer net nog 'n tannie aan't vroetel in haar tuintjie nie -- hierdie is die produk van vrywilligerwerk waarvan sy maar een is, met die tye saam -- (ek het haar bekruip en sy weet nie eens die foto is geneem nie.)



Drie etenstye en twee "pouses" in die eetsaal, en aan die einde van die week is jy lekker opgepoffer en baie ronder as toe jy die eerste keer deur die hek gery het!


Saans ná ete is daar bordspeletjies gespeel. Wat gee jou die idee dat Arlene (oorkant die tafel met die blou bloes), 'n "juffrou" was?! Ginny met die gestreepte hemp, is 84, maar nog hups en aan die gang. Sy was een van die kwiltwerkers wat daardie week 13 kwilts help maak het om saam met die kosbesendings uit te stuur.


'n Klein deeltjie van die emmers waarin die gedroogde somervrugte versend sal word. Elke ene is 'n skenking van boere in die vallei en elke liewe ene en sy deksel moet gewas en alle etikette verwyder word voor gebruik. (Gelukkig is daar droërs vir die goed!)


Dennis aan die werk om die houtpalette wat gekraak en gebreek is, reg te kry vir die somerbesending van vrugte wat daarop gedroog sal word. Dis hier waar ek my vuurdoop gekry het in die hantering van "power tool"-gebruik. Aanvanklik bietjie skeef geboor en geskaaf (veral die kere wat ek my oë toegeknyp het met die gebruik van die "staple gun"!)


'n Badkamer is feitlik heeltemal klaar gerenoveer deur hierdie ou en sy flukse kollega.



Onder:

Dié oompie was my held. Drie-en-tagtig jaar oud, maar die gewilligheid en dierbaarheid vanself; en hier in die sopverpakkingskuur het hy ure op sy voete gestaan en werk. (Baie stowwerige vanweë die fyn soppoeier, vandaar die masker.)


'n Nuwe span werkers (skoolkinders van naby Los Angeles ) wat vir 'n dag lank kom help het, word touwysgemaak in die sopskuur.



Dis rugbreekwerk om die sopmengsel uit die "bin" te skep en beker-vir-beker (die tannie regs voor) in sakkies gegooi te kry. (Ek weet -- ek het ook gedoen.)



Woensdag:

Grróóót opwinding toe twee vragmotors inkom om te kom laai aan die vrag na Kambodja.


Die vragmotorbestuurders. Hulle het seker ook nie geweet wat hulle getref het nie, toe daar eers vir hulle gebid en gesing is! Die een het gesê hy weet nie veel van die Christelike geloof af nie; die ander ene het gesê sy vrou is 'n Christen en hy is "amper ene."



Die vol vrag aan die regterkant: 'n kwartmiljoen doller werd! Dit was wonderlik om hier te staan en saam met die hele groep vir die Here dankie te sê vir Sy voorsiening en genade, en te bid dat Hy sal beskik dat die kos veilig die regte bestemming sal bereik. In al die jare het daar nog net één vrag weggeraak! (Dis algemeen bekend dat skeepsvrag wêreldwyd "wegraak" en niemand weet glo wat daarvan geword het nie. Ook dat korrupte doeane/regeringsamptenare beslag lê op inkomende besendings -- nie net van sendingorganisasies nie -- en dan vir hul eie gewin verkoop.)


So lyk iemand wat uitbundig bly is oor die Here se goedheid! (Anne is 'n velkankerlyer, vandaar die handskoene. Hier staan sy nog met haar sopskuur-voorskoot aan.)


Die name van die 40 lande waarheen Gleanings kos stuur. Die versendingskoste word gedra deur die sendingorganisasies wat dit in ontvangs neem en dan versprei. Gleanings maak geen sent nie, en al vereiste is dat die evangelie verkondig sal word met elke kospakkie wat uitgedeel word.


Dit was ' n onoortreflike week so saam met ons "Here-familie"!!