Monday, December 21, 2009

Kerstyd 2009




Die kinders is reeds besig om so stuk-stuk op te daag vir die familie-saamwees, en daarom groet ek DV tot iewers in Januarie.

Mag aanbidding en verwondering oor God se onbeskryflike groot geskenk aan ons, ons hierdie Kerstyd vervul.

En mag dit deur die nuwe jaar heen, ons steeds verbly en bemoedig.

Met liefde in Christus,
mariki

Tuesday, December 15, 2009

Vat DIT, OU

Dave Nosek se buurman het jaar ná jaar uitsonderlike Kersversierings.


Elke jaar word dit net meer en meer. En byhou kan (en wil) Dave Nosek nie.


En al is ou Dave nou nie ‘n Boer nie, maak hy toe vanjaar ‘n plan. En ‘n goeie ene: met ‘n paar ineengedraaide stringe Kersliggies “skryf” hy die woord “DITTO” bo sy motorhuisdeure, en teken ‘n pyl in die rigting van buurman se “ligwerke”.


Buurman het vyf dae lank gearbei om al daai liggies uit die kartonne te haal, los te wikkel en te ranggeer. Dave kon ná ‘n skrale uur terugstaan en sy eie handewerk bewonder.


Wat meer is: die meeste motors hou deesdae voor Dave se huis stil om foto’s te neem…..



Friday, December 11, 2009

Die Here se telwerk

(Vandag is my ou wyfie-neukenaar weer haar bekonkelde self. Gedog ek het nie meer oneerlike werkers/werksdinge in diens nie...maar sy het my hele foto-biblioteek gesteel en weier om te erken...Dus is dit net lettertjies voor die aangesig vandag. So jammer.)


Ons dogtertjiegoed (27) is so twee weke gelede van de een mediese man na de ander (snaaks tog dat ek nou nie hier van ‘n “kwak” wil praat nie, né – ons woordgebruik is darem maar so emosioneel begrond…).

In elk geval, so het sy gehoor dat sy ‘n Pseudoangiomatous stromal hyperplasia (PASH) vergroeisel in die bors het. Al so groot soos ‘n eier.

Maar in die oneindige genade van God is PASH ‘n nie-kwaadaardige soort tumor. Het eers in 1986 benoem geraak het. Baie onbekend.

Die affêre se patroon is glo om ‘n sakkie in ‘n vrou se bors te vorm, met ‘n sterk buite-vliesie wat die sponsagtige weefsel binnehou en geen uitsaaiings maak nie.

Die prognose is uiters goed en in bittermin gevalle van waar die sakkie verwyder is, steek die ding weer later kop uit.

So is die ongewenstheid vanoggend toe uitgesny.

Skoonseun het nou net gebel: sy het so pas uit die teater uitgekom, besig om by te kom, wil glo net slaap...Ag, moeder tog.

Snydokter sê alles was soos vermoed, het gegaan soos verwag, en alles kon verwyder word. Hy het nog nooit eens voor nou, van dié soort ding gehoor nie.

Ek lees gisteraand dat dit by net 1 uit elke 200 000 vrouens voorkom.

Maar wat maak syfers vir ‘n mens saak as jy nommer een uit tweehonderdduisend is? Of nog benouender: een uit die drie vroue (VSA) wat vanjaar gehoor het dat jy borskanker het, met die wete dat 40 000 per jaar daaraan sterf?

Sóveel, dat jy weet dat die Here se somme sin maak. Dat Hy op jou nommertjie druk met ‘n rede. Sy rede. Sy liefdevolle rede.

En jy weet en glo en twyfel nie daaraan nie, dat Hy goed is met somme.

Hy is die Een wat die Allerbeste is met tel. Ook met OPTEL en dra – deur die driwwe en doringvelde van hierdie lewe heen, tot in die eendag se hiernamaals waar somme nie meer gaan saak maak nie.

Behalwe daarvoor dat Een + Een + Een = aan Een, Ewige, Waaragtige en Getroue God, in Wie se allesomvattende, heerlike teenwoordigheid ons tot in alle ewigheid sal lewe.

Thursday, December 10, 2009

Weldaad

Ek sal darem nie eerlik wees nie, as ek net vertel van Amerikaanse oordaad en dan nie ook praat van die Amerikaners se ruimhartigheid nie.


Dis lank reeds bekend dat Amerikaners voor loop as dit kom by naastediens en vrywilligerwerk.


Dié tradisie kry mens van die rykes met ‘n lang geskiedenis van filantropie tot by die armes. Diegene wat jaarliks $20 000 of minder verdien (ongeveer $150 000 of minder), gee interessant genoeg ‘n groter deel van hul inkomste aan verdienstelike sake as die rykeres.



Dog, Amerikaners gee nie net geld nie. Hulle dink ook nie twee keer daaroor om vrywilligerwerk te doen nie. Gemiddeld word $150 BILJOEN se vrywilliger-ure per jaar geskenk. (Dis nou bereken teen $18 per uur wat dit andersinds vir betaalde werkers sou gekos het.)

Hierdie bewusmaking van naastediens word reeds op skool geskep. Dis ‘n vaste instelling dat primêre skoolleerlinge een maal per semester bv. seniorsentrums besoek om by die bejaardes te kuier; en op hoërskool kan leerlinge krediet-ure (gelykwaardig aan vak-ure)

opbou, deur gemeenskapswerk te verrig.


En ook op die gebied van sending het die Amerikaners ‘n verstommende oop hand: 70% van sending oor die wêreld heen word met dollars betaal.


So is dit dan nie net die wandaad van oordaad wat hier ervaar word nie, maar ook die weldaad van goed doen in grootmaat.


En dit, sou ek reken, is voortreflik!

Monday, December 7, 2009

Oordaad

Dis soms so moeilik om inkopies – sommer net vir kruideniersware ook -- hier te doen. Selfs na heelwat jare nog.


Die rede? Eintlik 'n baie jammer ene.


‘n Vriend skryf:


“Ek wou nou al ‘n paar keer vir my nuwe handskoene koop, maar soos met baie ander dinge hier, loop ek dan weer by die winkel uit sonder om dit te doen. Daar is net eenvoudig té ‘n groot keuse van alles.


‘n Eenvoudige voorbeeld is ‘toothpics’. Tannestokkies -- daardie houtjies waarmee mens net jou tanne skoonmaak. Dis nie net die plattes en rondes waaraan ons gewoond is nie: dis plasties, hout, vierkantig, plat, rond, reenboogkleure, met strikkies aan, individueel verpak, in houertjies wat weer ‘n netso groot verskeidenheid het en dan, as dit jou nie tevrede stel nie -- nog gegeurdes ook!”


(Vriend, koop die mooies, ek sien mens kan kersboompies daarvan maak!)


Friday, December 4, 2009

Sien jy Hom?

‘n Jong seuntjie stap na sy bietjie ouer sussie met ’n vraag oor God. “Suzie, kan iemand ooit regtig vir God sien?”


Besig met ander dinge antwoord Suzie effe geïrriteerd: “Nee dommie, natuurlik nie. God is so hoog in die hemel dat niemand Hom kan sien nie.”


Die tyd gaan verby, maar die vraag bly steeds vassteek in sy agterkop. Hy stap na sy ma toe en vra: “Mamma, kan iemand ooit regtig vir God sien?”


“Nee, nie regtig nie,” antwoord sy saggies, “God is ’n Gees en Hy woon in ons harte. Ons weet van Hom, maar sien kan ons Hom nie regtig nie.”


Ietwat getroos deur die antwoord, maar nou ook darem nie honderd persent tevrede nie, het hy koers gekies na buite en gaan speel.


Nie lank daarna nie, is seuntjie saam met oupa op ’n hengeluitstappie.


Hulle het ’n wonderlike dag beleef. Die son was besig om te sak en dit was ’n onbeskryflike mooi sonsondergang. Die oupa het só gesit en die pragtige skouspel van die gloeiende oranje hemelruim betrag.

Toe die seuntjie sy oupa se gesig sien, vol verwondering en vredigheid, dink hy vir ’n oomblikkie voordat hy huiwerig praat.


“Oupa, ek.... ek.....het nie gedink om nog iemand verder te vra nie, maar ek wonder of Oupa my kan antwoord oor iets wat ek nou al lank wil weet. Kan enige iemand regtig ooit vir God sien, Oupa?”


Die ou man het nie eens sy kop gedraai nie en ná ‘n kort oomblik van stilte antwoord hy.


“Ou seun,” sê hy saggies. “Hou net aan met kyk. Dit word so, dat mens op die ou end niks anders kan sien nie.”

Tuesday, December 1, 2009

Tussen hakies: Sowaar as wat padda (nie) manel dra (nie)


Onthou julle nog die biologie-periodes (tussen hakies, ek moet erken, “lesuur” is vir my ‘n mooie Afrikaanse vervanging van dié Ingels-oorgeneemde woord van ‘periode’). Maar wag, ek is nie besig met ‘n taalles nie, ek wil biologie praat. Laat ek dus weer begin:





Onhou julle nog die biologie-periodes wanneer Meneer/Juffou So-en-so aangekondig het dat daar vandag paddas gedissekteer sou word?


Die seuns wat onmiddelik agterbaks begin grinnik; die meisies wat aansitterig voorgee om te gril en/of naarderig te voel.


(Ai, hoe het die wyses om jou vroulikheid te beklemtoon, tog deur die tye heen verander!)


En boonop ontneem hierdie nuwe soort padda se kind die hedendaagse meisiestudente die geleentheid tot "vroulik speel."


Maar terug na ou paddapoot.


Dié besondere deursigtige padda verlang geen disseksie om sy organe, eiers of are te moet kan bekyk nie.

(Hmmm, nog nooit só daaraan gedink nie – maar hierin kan ons ons almal heeltemal met ou padda vereenselwig, dan nie? Nie gedink ek sal my ooit aan 'n padda se kant skaar nie...)

Masayuki Sumida, ‘n professor van die Instituut vir Amfibiese Biologie aan die Hiroshima Universiteit in Japan het hierdie dier as ‘n menslike onderrigmiddel geteel. (Bygesê, saam met die paddaboudjies-en-ander-organe, dis ek hier ‘n bietjie ounuus op, want die verheugde professor het reeds twee jaar gelede hierdie deursigtige gediertetjie bekendgestel, maar ek het eers gister daarvan gelees.)


Mens kan die organe van dieselfde padda oor sy hele lewe heen bekyk, sonder dat enige disseksie nodig is. Dit kom, nadat die disseksie van diere al ‘n geruime tyd lank, wêreldwyd hewige teenstand uitlok.


(Soort van: gun elke diertjie sy plesiertjie…joue mag net nie wees om my koelbloedig in stukkies te sny nie!)


Daar is ook al verskeie rekenaar-simulasieprogramme ontwikkel vir biologie-opleiding, as alternatief vir “opkerfklasse.”


Maar nogeens terug na die eintlike onderwerp van bespreking: die deurskynende Animalia Chordata Amphibia Anura Merrem (hierdie deftige benaming vir ons doodgewone padda, is reeds in 1820 uitgedink), is geteel met twee ressessiewe gene.


Glo nog nie gepatenteer nie. Dis die eerste keer dat wetenskaplikes ‘n deursigtige vierpotige dier kon teel. (Sommige visspesies is sommer vanself deurskynend.)


Slegs een uit elke 16 teelpaddas verraai sy of haar binne-toestand op hierdie manier.


(Nou is my vraag – word die ander 15 dalk verkoop vir disseksies??)



Thursday, November 26, 2009

Dankseggingsdag

Washington's 1789 Thanksgiving Day Proclamation


WHEREAS it is the duty of all nations to acknowledge the providence of Almighty God, to obey His will, to be grateful for His benefits, and humbly to implore His protection and favour; and Whereas both Houses of Congress have, by their joint committee, requested me "to recommend to the people of the United States a DAY OF PUBLICK THANSGIVING and PRAYER, to be observed by acknowledging with grateful hearts the many and signal favors of Almighty God, especially by affording them an opportunity peaceably to establish a form of government for their safety and happiness:"

NOW THEREFORE, I do recommend and assign THURSDAY, the TWENTY-SIXTH DAY of NOVEMBER next, to be devoted by the people of these States to the service of that great and glorious Being who is the beneficent author of all the good that was, that is, or that will be; that we may then all unite in rendering unto Him our sincere and humble thanks for His kind care and protection of the people of this country previous to their becoming a nation; for the signal and manifold mercies and the favorable interpositions of His providence in the course and conclusion of the late war; for the great degree of tranquility, union, and plenty which we have since enjoyed;-- for the peaceable and rational manner in which we have been enable to establish Constitutions of government for our sasety and happiness, and particularly the national one now lately instituted;-- for the civil and religious liberty with which we are blessed, and the means we have of acquiring and diffusing useful knowledge;-- and, in general, for all the great and various favours which He has been pleased to confer upon us.

And also, that we may then unite in most humbly offering our prayers and supplications to the great Lord and Ruler of Nations and beseech Him to pardon our national and other transgressions;-- to enable us all, whether in publick or private stations, to perform our several and relative duties properly and punctually; to render our National Government a blessing to all the people by constantly being a Government of wise, just, and constitutional laws, discreetly and faithfully executed and obeyed; to protect and guide all sovereigns and nations (especially such as have shewn kindness unto us); and to bless them with good governments, peace, and concord; to promote the knowledge and practice of true religion and virtue, and the increase of science among them and us; and, generally to grant unto all mankind such a degree of temporal prosperity as he alone knows to be best.

GIVEN under my hand, at the city of New-York, the third day of October, in the year of our Lord, one thousand seven hundred and eighty-nine.

(signed) G. Washington

Tuesday, November 24, 2009

And? He IS useful -- to love!

Is hy nie dierbaar nie?! Om van mooi nie eens te praat nie! (Uhm...ek is seker hy lyk na my....)
~~~~~~~

Baie verlig, verheug en dankbaar is Vennoot en ek vandag met die geboorte van ‘n gesonde klein seuntjiekind in ‘n ver land.

Mamma en babetjie het bietjie probleme gehad, maar die Here is so wonderbaarlik goed dat terwyl ons nog probeer het om hulle op die kalender in te haal, is die mannetjie reeds die volgende dag (nou wel drie weke vroeg, maar veilig en gesond) met ‘n keisersnit die wêreld ingebring.

(Nou wonder ek – word ‘n keisersnitbabetjie ok “gebore"?!)

Oorloop-van-opwinding-ouma-groete aan julle almal,
mariki

Sunday, November 22, 2009

Jakkals-sonder-wolf-storie

Trek vanoggend die slaapkamergordyne oop en sien hierdie meneertjie:



Is al vertel dat voordat die woonbuurt ontwikkel is, hier sommer ‘n groot jakkalsclan gewoon het en sien af-en-toe die paar van hulle wat oorleef het met hul kleintjies, so teen skemeraand oor die gholfbaan draf.

Merk ook met gereelde tussenposes die volgende soort kennisgewings hier in die woonbuurt opgeplak. (Ek glo ook nie dat "Mog" meer op haar naam gaan reageer nie....)



Ná ‘n rukkie hoor jakkalskind duidelik iets, en bespied met gespitste ore die omgewing.



Ai toggie, omdat buurvrou Jackie van verder-op in die straat so saam met haar twee kleinhonde stap, bly dit maar net by kwyl vir wolf se maatjie.


Kyk van verlange....

Gaan lê maar weer en berus nog vir so 'n rukkie in sy honger lot, en toe ons later kyk, was hy weg -- seker jakkalskerk toe so op 'n Sondagmôre....




Wednesday, November 18, 2009

Weglê-lekker dié

Is dit nou een van die mees “anderster” en lekkerste reseppies wat ek in ‘n lange tyd aanmekaar geslaan het! (Nooit gedink mens kan avokadopeer bak nie.) Sóó maklik, ekonomies en boonop smaaklik.



Kom uit my Delicious Quiches & Flans-boekie, maar ek sien iemand het dit ook al op die internet “geadverteer”. Daardie iemand stel voor dat mens gesondheidonstehalwe (uitputtende woord!) die suurroom met ‘n joghurt/mielieblommengsel vervang, en laevet melk gebruik.


Ek het nie brood in die blik gehad nie, en ‘n gewone deegkors gebruik.


Hoe ook al; lekker eet!



Avocado, Tomato and Ham Flan

55 min | 15 min prep

Serves 4


CRUST

* 8 slices bread, crusts removed

* 40 g butter, softened


FILLING

* 80 g ham

* 4 large cherry tomatoes, sliced

* ½ large ripe avocado, sliced

* 1 cup cheddar cheese, grated

* 3 eggs

* 1/3 cup sour cream

* 1/3 cup milk


Directions

* Preheat oven to mod hot 210ºC


CRUST

* Flatten bread with rolling pin, butter both sides, cut in half diagonally

* Press into 23cm round pie plate to evenly cover base and sides (die driehoekies maak

sulke puntjies in die lug en die stukkies brood oorvleuel om ‘n sig-sag patron teen die

rand van die bak te vorm)

* Bake 10 mins or until lightly browned and crisp. Do not overcook.


FILLING.

* Reduce oven temperature to 180°C

* Arrange ham, tomatoes, avocado and cheese in cooked base

* Combine eggs, sour cream and milk, mix well, pour over pie filling, to mostly cover

avocado

* Bake 30 mins or until filling is lightly browned and set


Sunday, November 15, 2009

Steel asseblieftog my wederhelfte!

Is ‘n vrou deesdae nog ‘n man se eiendom, of andersom??


Versluk myself amper vanoggend aan my koffie toe ek in die koerant lees dat sewe state hier in Amerika -– sowaar ja, SEWE -- steeds ordonansies op hul wetboeke het aangaande “eggenootlike besit”, afkomstig uit dié derdae toe ‘n vrou/man nog as hul eggenoot se eiendom gereken was.


Dit sluit in Mississippi, Hawaii, Illinois, New Mexico, North Carolina, South Dakota en Utah wat mens toelaat om iemand hof toe te sleep indien jy kan aantoon dat dáárdie einste ene jou huweliksmaat “gesteel” het. En dit het die wetlike implikasie dat wat gesteel kan word, het behoort aan jou en was jou "eiendom"!! Né!


So word daar berig van ‘n miljoenêr en ‘n loodgieter wat ‘n hofgeding gehad het oor die diefstal van die loodgieter se vrou deur die miljoenêr. Die loodgieter het nou wel sy vrou verloor, maar is $750 000 (ja, ‘n hele driekwart miljoen doller) ryker.


Heeeee-haaaaahhhh! Is dit nou nie vir jou so tipies net in Amerika moontlik nie? Tussen afgeleefde wette en gierige prokureurs heen deur, kan ‘n doodgewone man mos ryk word.


(Dink nie ek gaan die berig vir Vennoot wys nie, want netnoumaartjies reël die man dalk dat ek gesteel word….)

Thursday, November 12, 2009

Tuesday, November 10, 2009

Ek kom, Ouma

Voorverlede week vertel Kanadese seun vir dogtertjiekind (5), dat hulle Kersfees na ons toe kom en sy is hoog in haar skik met die idee.


So twee-drie middae later, kom skoondogter agter dat dit darem verdag stil is daar in meisiekindjie se kamer.


Sy gaan loer om die deur en sien dat al meisietjie se klere rondom haar versprei lê, terwyl sy plat op die vloer sit en besig is om haar rokkies in haar skoolrugsak te pak.


Toe die mamma verbaas wil weet wat dan nou aan die gang is, kom die antwoord ewe opreg:


“Ek pak solank in om na Ouma toe te gaan Mamma, dan sal ek nie laat wees vir die vliegtuig nie.”


Ag jinne tog Ouma se kind, en dis dan nog só baie slapies voor Kersfees….

Sunday, November 8, 2009

Tiek-tok

Verlede naweek het Vennoot hier deur die huis gewandel en wekkers, radio-horlosies, die oondhorlosie, mikrogolfhorlosie, armshorlosies en die Oupa-staanhorlosie loop en verstel.


Gelukkig nie ‘n afwyking, of iets wat hy elke naweek probeer doen nie! Wel twee maal per jaar (November en Maart) met die verandering van die Dagligbesparingstyd-program.


Dagligbesparingtyd = meer bruikbare aandligure.


Die hele palawe dat Amerika (Arizona en Hawai nie) hul horlosies se wysers verstel, is om die aandligure beter te kan benut, omdat dit die tyd is wanneer meeste mense wakker en aan die gang is.


Navorsing het glo bewys dat dié stelsel ‘n beduidende afname in verkeersongelukke, padsterftes en kriminaliteit teweegbring. Ook word parke en speelareas só beter benut.


Mens is net jammer vir die arme boere en ander vroegoggend-aan die gangkommers wat dus heelwat langer in die donker moet voortsukkel.


Sterkte aan hulle. En ons groot waardering.


Friday, November 6, 2009

In Memoriam: Fort Hood


Where there is anger, may there be peace
Where there is confusion, may there be clarity
Where there are questions, may there be trust and
Where there is hopelessness, may there be faith...

"The Lord is good, a refuge in times of trouble."
Nahum 1:7

Wednesday, November 4, 2009

Briefie aan my kind


Seun-nommer-hoeveelste deel gisteraand ‘n knop-op-die-maag-bekommernis oor die telefoon. Wil so graag my arm om sy skouer sit -- al moet ek r-ê-ê-ê-k om by te kom, want ai, die op-die-skoot-tel-dae is lankal iets van die verre verlede. Bowendien, dese dae is die myle tussen ons hopeloos te veel dáárvoor.


‘n Briefie moet maar die plek inneem van naby-my-kind-wil-wees-om-te-troos:


Worrying doesn’t change the outcome of tomorrow, it only robs today of it’s strength.


Seun, wanneer laas het jy ‘n bekommerde voëltjie sy vlerke sien wring? !!


Nee, jy sien dit eenvoudig nie. Omdat, hoe “bird brained” hulle ook al is, dit amper wil voorkom asof hulle meer sou weet as ons. Dat God sorg. Dat God in hul behoeftes gaan voorsien. Nee, nie dat Hy al ons wense gaan vervul nie, maar gaan sorg vir dit wat ons nodig het.


En jy het nodig om in Sy vredesvoorsiening te leef. Dié soort wat Hy gee, wat alle verstand te bowe gaan.

Jesus sê, kyk na die voëls, na die blomme in die veld: God sorg vir hulle.


Is jy dan nie belangriker as ‘n voëltjie nie?!


My kind, leer ken die verskil tussen "wring" en "sing"!


God kán en sál voorsien en jou groot bekommernis wegneem (ook dit wat jy onbewustelik saamdra en wat soos ‘n wolk oor jou kom lê) AS, AS, AS, jy DIT ALLES AAN HOM GEE.


Boeta, elke keer wanneer jy agterkom die knop kom sit op jou maag, begin die Here prys, sommer so in jou kop, as jy dan nie hardop kan nie, of dalk wil nie. (Ek weet mos, jy glo vas jy sing vals!)


'n Ou-ou kinderliedjie werk goed vir my:


Ek wil die Here loof,

loof met my hele hart.

Hy gee hom (my) wat roep,

weer nuwe krag.


BVJ (Bid vir jou)!

mm


(En raai, nou is ek ook sommer getroos. Hoor jy my sing? “Ek wil die Here loof”…..)




Monday, November 2, 2009

Net betyds!

Mensig – was ek net betyds met my mosaïek-prentjies. Want oor die naweek beleef ons toe ons eerste winterstorm. SO mooi!

Dog, ons hier in Colorado is meestal gelukkig -- twee, drie dae se sneeuval, en dan skyn die son weer vol en helder (soos vandag), en die paaie en sypaadjies is oop en bruikbaar. Bederf, is die woord.


Om te dink ons kuier somerdae so lekker op die agterstoep


Kom sit, dan drink ons gou 'n koppie warm sjokolade....

Stoepprieël, bo uit die studeerkamer uit gesien

Sommer so deur die muskietgaas geneem -- wie gaan nou buitentoe in hierdie koue? (Dis nou as jy nie in die sneeu wil gaan speel nie.)

As 'n denneboom se takke nie so sag en buigsaam was nie, was almal van hulle kerplaks! afgebreek onder die sneeuvrag.

Verseker kan ek maar die Hummingbird-voerder gaan afhaal ná dese!

Friday, October 30, 2009

Ek verpes my (wyfie)neukenaar, en ander verhewe gedagtes

Grrr…..


En ja, ek weet “verpes” is ‘n sterk woord, en normaalweg probeer ek daardie soort aksie vermy, maar “normaalweg” is nie altyd van toepassing op die verhouding wat daar tussen my en hierdie masjien bestaan nie.


Inderwaarheid is dit hy wat my dryf tot REaksie = abnormaliteit = verpes (in hierdie geval).



Nou dat ek daaraan dink…. Ek kry mos nou al ‘n vermoede, gesien al die streke en geite van ou glasgesig, dat ek hier met ‘n wyfie-neukenaar te doene het (maar DIT, sal Vennoot oor MY lippe nooit hoor nie.)



Maar die ding wil hom….haar, net nie laat beheer nie. Nog altyd netjies saamgespeel, en toe, van so twee-drie possies gelede af, sukkel ek myself simpel met prentjies oplaai, en ook gooi sy ewe omgeêllie my paragrawe rond of sluk spasies in soos dit haar hoogheid behaag.



(Verskoon dus groot asseblief die nuwe, swak blogversorging wat ek -- magteloos -- in my skryfsels openbaar.)



Soms verpes ek my neukenaar….of verpes sy my dalk?


Wednesday, October 28, 2009

Mosaïektyd

So kom ek mos die laaste week agter iemande (sal nou nie name noem nie), het ons somer weggesleep...en ons sit met herfs hier buite.


O wel, elke hond kry seker sy dag. (Moet dus maar nie te skuldig voel nie.)


Toe dit laatmiddag bewolk en boonop koud raak, is ek met 'n spoed hier uit in die buurt in om herfskleure vas te vang. Latenstyd het dit selfs begin motreën, maar natword of te nôt, ek het my swaar weggedraai van die ryk én rype kleurespel.

"Winter is an etching, spring a watercolor, summer an oil painting and autumn a mosaic of them all."

~ Stanley Horowitz ~