Thursday, December 22, 2011

Hy is nie welkom vir Kersfees nie

‘n Televisie-herstelman in New Jersey het laasweek op een van sy werkrondtes ‘n groot verrassing gekry: toe hy by die kelderkamer van ‘n huis in New Jersey instap, val hy amper bo-oor ‘n 500-pond slapende beer!

Hoe die dier by die buitedeur van die kelder ingekom het, weet niemand nie.

Die herstel-ou kon nie gou genoeg agteruitwals nie, en met dié dat hy homself byna des dinges teen die deurkosyn stamp, word die ou grote wakker, kom orent en slof ewe argeloos uit waar hy ingekom het.

Hy is ‘n rukkie later deur die wildlewe ouens op een van die straathoeke in die dorpie met ‘n kalmeerpyltjie geskiet, het nog so ‘n paar blokke verder aangestap, en toe neergesak. Hy is na ‘n onbekende bosbestemming geneem en vrygelaat, waar hy hopelik genoeg beergeselskap vir die vakansietyd sal hê.



No comments: