Tuesday, February 14, 2012

Die vaalte van Valenstyn






Op hierdie Valentynsdag het ek my toenterjare se jongmeisiedroom geleef. Daardie romantiese droombeeld van om saam met jou held die wondelikste dae in jul eie ou knus plekkie te mag beleef.

Amper alles net so gewees.

My (nog steedse) held, ons mooi huis en ‘n sonskyndag.

En ek besig om van hoek tot kant te was en te stofsuig.

Snaaks, dit was nooit deel van my droom gewees nie.


2 comments:

Miekie said...

Ha, ha! Maar is jy nie bly jy is nie meer daardie jong meisie nie? My pa het my altyd gesĂȘ-vra "On again? Off again?" as ek en Jan vir die soveelste keer uitgemaak het... Verlief wees was lekker en tog ook nie! (Ons het darem 'n lekkerder Valentyn gehad - ons was in die Drakensberge!) Hoop om gou weer van jou te hoor Maaikie Mariki!

mariki said...

Hi Maaikie Miekie -- alte soete suigstokkie-lekker om weer van jou te hoor!! Jy maak my dag.

Jy is so reg -- trou en getroud wees met die regte maat is lekkerder as al daai gehofmaak van destyds (met huisskoonmaak daar mede by.) Maar ek gee toe: die Drakensberge is defneslis beterster vir Valentyn.