Sunday, April 25, 2010

Weswaarts (1)

Die eerste nag slaap ons by Moab, suid-Utah.


Sedert die eerste Westerns in hierdie deel van die land, doer rondom 1920 geskiet is, is dit nie snaaks om voortdurend filmspanne in die gebied rondom Moab raak te loop nie. Moab staan dan ook bekend as Hollywood Oos. Geleë in 'n vrugbare vallei (vir wat dit in Utah beteken!) en ingesluit deur sandsteen rotswande.

Net soos die Israeliete vanouds by Moab, het die Mormone wat in die 1800's hier deurgetrek het na hul "beloofde land", verras gestaan oor die groen eiland in die middel van die uitgestrekte woestyn -- vandaar die naam.


Moab is naby twee nasionale parke geleë, en hierdie ou rof-en-trommel dorpie lok busvragte vol toeriste, asook bergfietsryers vanoor die hele wêreld.

(Wáárom my neukenaar besluit het om die bostaande te verswart en te onderstreep, sal ek nóóit weet nie...)

Rondgery in Canyonlands Nasionale Park (duidelik ‘n nefie van die Grand Canyon….)


Twee vreemdes pas toe mooi in my prentjie'n rukkie later, toe die mistigheid gelig het.



Koerantklip (Newspaper Rock) -- aangrypend om te weet jy staan by petrogliewe wat dateer vanuit die tyd wat Jesus op aarde was! Verskillende stamme het oor die eeue heen hul nalatenskap hier kom "beteken".



Mens moet bietjie onthou hierdie is nie graffiti nie -- die verskynsel om te vloek, bestaan nie in die Indiaanse kultuur nie.


Hoera vir Belofte (karrewaentjie) en Stoffel (ons motorregistrasie is STF)! En ag dankie tog, ek was nie een van die twee Roomse ontdekkingsreisiger-priesters wat deur Utah hoef te gereis het, dieselfde jaar as wat die Declaration of Independance (1776) geteken is.

10 comments:

Dané said...

O Mariki, dit was 'n besonderse reis!

mariki said...

Absoluut, Dané!

Sonja said...

Wow! Dit is die mooiste foto's! Dit moes n belewenis gewees het!

Thea said...

Nou ja, hier leer ek nou ook weer ietsie oor 'n plek wat ek nog nooit van gehoor het nie (nie in Amerika in elk geval nie) nl. Moab. Dankie vir die interessante vertelling en foto's Mariki!

mariki said...

WAS, Sonnie.

Anonymous said...

My friend, so great jy is trug. Dit is darem beautiful daar, so onthou ek dit ook.

C

mariki said...

Ja C'tjie, slaan mens se asem weg, né.

mariki said...

Thea -- God se handewerk BLY darem maar oorweldigend.

En die prentjies en gesels is myse voorreg!

Nimsi se Blog said...

Voel nou amper lus om soos die jongklomp sommer net "COOL" te se! Baie lekker saam met julle gekuier, jou foto's is goed mariki.

mariki said...

Dankie, Nims -- jonk van gees, jy né!