Wednesday, April 28, 2010

Stilhou-tyd vir ‘n ponie(tjie)

(Ek vra om verskoning vir elke onderstreepte en vetgedrukte woord -- dissie ekkie, dis SY, hierrie merrie van 'n neukenaar van my.)

Maar om tot by die punt te kom:


Toe ek vanoggend hierdie berig sien, toe kon ek darem nie net weste toe aanhou, sonder om hierby stil te staan nie.

Is dit nie eenvoudig die wonderlikste klein ding nie?! Genaamd Einstein, is hierdie 5-dag oue klein pinto-hingsie die wêreld se kleinste perdjie.. Gewig: 2.7 kg. Hoogte: 35.5 cm (14”). Hy is tuis op ‘n plaas vir miniatuur perde in New Hampshire, aan die ooskus.


Mens mag wel dink dat hy klein is omdat hy nog so jonk is, maar normaalweg is pasgebore perdjies darem heelwat groter as dit (ek dink selfs stadsjapies sal dit toegee….). Klein Einstein hou ook die rekord vir die kleinste perdjie by geboorte.



Einsteintjie vertoon geen dwerg-eiensskappe nie, soos wel die geval is met die vorige wêreldrekordhouer, Thumbelina, 44.5 cm (17.5 duim). Die arme Thumbelina (hieronder), moes beenstutte dra omdat haar lyf en kop uit verhouding met haar bene was. Sy het ook nie die gemiddelde 35-jarige perde-ouderdom gehaal nie, maar het op 17 haar laaste perdeasem uitgeblaas.



Maar hierdie popspeelding hieronder het sowaar self iets om op trots te wees. Sy is gebore kort voor Kersfees 2008 in Victoria, Australië en was ‘n hele 15 duim hoog! (Van ‘n ander ras as Einstein, het sy teen hierdie tyd waarskynlik al haar geskatte hoogte van 61 cm (24”), gehaal.)


En soos dit 'n klein ou meisietjie betaam, is sy beslis die mooiste van hulle almal.




7 comments:

Sonja said...

Dit is die oulikste wat ek nog gesien het!! Ek dink net hoe oulik sal dit lyk as ek so enetjie het wat hier rondhol saam met my miniatuur poedeltjies-sal skaars groter as hulle wees!!

cat said...

Ag moeder maar hulle is cute. Hier buite Pretoria is 'n omie wat miniatuur donkies op sy plaas het. Daar is net niks cuter nie. (en hulle klink soos groot donkies)

Desia said...

Oulik!
En..."neukenaar" die beste beskrywing nog!

mariki said...

Ja Sonja! Maar ek sal net die heeldag met hom/haar op die skoot wil sit!!

"cat" -- welkom! Kan jy nou meer dat die gebalkery nie "geminiatuur" kan word nie!!

Jip, Desia, JIP. (As sy maar skaam geword en haar reggeruk het omdat ek haar so in die openbaar beskinder....)

Nimsi se Blog said...

Ag moedertjie ma!

mariki said...

Jy seg dit, Nimsi!

Thea said...

Te dierbaar vir woorde!!