Sunday, June 6, 2010

Dronk donkie

Is amper oorstuur om alles gedoen te kry vir ons vakansiereis in Europa (weereens met totaal nederige dankbaarheid oor wat die Here vir ons moontlik gemaak het: om saam met ‘n familielid te kan gaan wat ons ondersteuning op die oomblik baie nodig het).

Maar voor Donderdagoggend vyfuur-se-vertrek, moet hondderduisend dingetjies in plek kom.

(Verskoning aan almal van julle by wie ek die afgelope 2 weke net nie my draai kon kom gooi nie, hoewel ek so graag wou.)

Deshalwe voel ek deesdae soos ‘n dronk donkie:

ek verstaan my take; ek skrik nie vir alles wat op my wag nie; ek is gesond en sterk genoeg om dit te doen – sover, die donkie-gedeelte.

Maar die dronk kom daarby in, omdat ek so vinnig in kringetjies rondhardloop om alles gedoen te kry wat op die oomblik op my bord geskep is, en so begin die wêreld rondom my tol…..

3 comments:

Anonymous said...

ek voel saam met jou. party dae soos 'n passer . . maak net kringe hier al om my eie voete.

Jan and Miekie said...

Ag Mariki julle moet Europa verskriklik baie geniet! Ek weet hoe dol dit gaan voor so 'n toer! (Deels hoekom ek lank nie geblog het nie, al was ons net Kaap toe!).
Ek het die Beautiful People videotjie baie geniet - Dit was (is) darem 'n uitstekende fliek. Hier is alles in rep en roer vir die Wêreld Beker. Hoop die familie sal Vrydag saam met ons kom kyk. Ek het tot 'n geel en groen S.A. T-hemp. (Die Bafana hemde kos honderde Rande - veels te duur.) Maar wag, laat ek klaar kry - jy het reeds so baie om te doen!
Bon Voyage!

mariki said...

Passies maak soos 'n passer, Andorize!

So heerlik om jou weer terug te hê, Miekie!! Vertrou dit was 'n hééérlike Kaapse draai! Geniet die sokker.