Monday, May 24, 2010

En die Here het verlos

“Ons kan nie genoeg dankiesê vir die gebede van God se kinders vir ons nie. Hy het gehoor, en ons uit gevangenskap verlos.”


Dit was die woorde van Maryam Rostampour and Marzieh Amirizadeh toe hulle hierdie naweek op ‘n buitelandse lughawe (naam geheim gehou) in die arms van geloofsgenote ingehardloop het, ná 14 maande van aanhouding in Iran.


Hulle is op 5 Maart 2009 in hegtenis geneem omrede van hul Christelike geloof en weens swak behandeling, eensame opsluiting en geen mediese versorging nie, het hulle erge gesondheidsprobleme ontwikkel. Hulle het egter nie geswik onder die aanhoudende druk en intimidasie om terug te keer tot Islam nie. Hulle getuig dat hulle herhaaldelik in die tronk wonderwerke gesien en die versterking van God ervaar het.


Soveel so, dat beide jong vroue in die hof waagmoedig aan die Islamietiese regter gesê het dat hulle nooit van hul geloof in Christus sal afsien nie.


Vandeesmaand is hulle teen alle verwagting in, op alle aanklagte vrygespreek, maar gewaarsku dat geen Christelike bedrywighede in die toekoms geduld sal word nie.


Toe hulle op die lughawe vertel is hoedat hul voorbeeld skares gelowiges regoor die wêreld heen versterk het, het hulle dadelik geantwoord: “Ons is bloot swakke mensekinders met baie tekortkominge. Die eer en die heerlikheid behoort aan God wat ons staande gehou en gebruik het. Waarom Hy ons gekies het, weet ons nie, maar die glorie is Syne.”


Hoewel hul toekoms onseker is, is hulle vasbeslote om ná ‘n tyd van herstel en die soek van God se wil, die vervolgde Iranese kerk te bedien.

~~~~~

Bid tog asseblief vir Maryam en Marzieh se spoedige en algehele herstel, asook vir die vervolgde christene in Iran.


7 comments:

Sonja said...

O! Ons dien n wonderlike God, wat nie Sy kinders in die steek sal laat nie! Verseker meot ons bid vir hierdie moedige vrouens wat so dapper in die Here is!

Cecile said...

Dis wonderlik hoe groot en sterk die krag van God is.... Ons dien defnitief 'n waare en opregte God.

Groete
Cecile

Nimsi se Blog said...

Wat n GROOT GROOT GOD dien ons!

Jan and Miekie said...

Wat 'n getuienis! Wat sou ek gedoen het? Dis alleen God se genade en nabyheid wat 'n mens deur so iets kan dra!

mariki said...

Aan julle almal -- so bly julle is saam met my versterk hierdeur. En elkeen van julle (en ek) dien God ok ons kleine en groter manier. Van julle besonder ek met nederigheid oor jul dissipelskap!

A human kind of human said...

My eerste keer hier, maar ek kom weer. Baie dankie vir hierdie pos. Wanneer ek sulke goed lees wil ek opspring en 'n jubeldans uitvoer tot eer van die wonderlike God wat ons dien.

mariki said...

Welkom baie, "Humie" -- kom asseblief weer?

En ek dans saam met jou!