Thursday, June 10, 2010

Tot anderdag dan!

Gehaal het ek dit ampertjies nie, maar toe darem tog!


Die “gehaal” verwys na die vertrektyd vir ons vakansie.


Dis nou ampertjies twaalfuur en twintig oor drie gaan die wekker lui vir opstaantyd om lughawe toe te gaan.

Hmmm…..miskien moet ek sommer verder deurnag hou. Maar dan, jiggietjie nee, ek is poegaai. Sal maar gou gaan oë toemaak en dan verder slaap op die vliegtuig Frankfurt toe.


Dus sê ek vereers aan al my gewaardeerde kraaltjie-vriende: jammer ek het julle so afgeskeep die laaste tyd! Maar toemaar, Juliemaand is ek terug en dan kuier ons weer dik stukke.


Mooi loop, en ek vertrou die Here sal in Sy goeie guns ons almal weer veilig bymekaarbring.


Met waardering,

mariki

4 comments:

Thea said...

Veilig reis en ek hoop jy neem baie foto's!

Anonymous said...

Veilig reis!

Jan and Miekie said...

Ons sien uit daarna om alles van die toer te hoor! Ek bid vir julle, dat julle dit baie sal geniet!

mariki said...

'n Laat dankie, Thea en Andorize!

Miekie -- skoon aangedaan -- jy het gebid -- en ons IS veilig terug!Dankie, vriendin.