Friday, September 24, 2010

Oesmaan, Jupiter en die jaar wat draai

(Nie my foto's nie)

22 September 2010:


Vir die eerste keer in bykans 20 jaar, het die begin van die noordelike herfs eergister saam met volmaan geval.


Toe die son eergisteraand op die laaste dag van ons somer in die weste gesak het, het die Oesmaan in die ooste begin opkom. Die twee ligbronne het vermeng in ‘n soort van 360-grade, somer-herfs aandgloed, wat selde gesien word.


Die goue sirkel in die ooste het ongewoon “geswel” gelyk –- ‘n maan-illusie.


En die vol Oesmaan met die maan-illusie daarmee saam, was wondermooi.


Maar dit was nie al nie!


Die noordelike somer het gisteraand kort by middernag in herfs oorgegaan en op daardie presiese oomblik -- herfs-ewening -- het die Oesmaan hoog teen die naghemel gehang met die planeet Jupiter reg langsaan – sjoe!


(Bo) ‘n Maan-Jupiter konjunksie van verlede jaar.

Dis natuurlik weer die boere wat met die benaming Oesmaan vorendag (oftewel, voren-nag), gekom het.



In die dae voor elektriese lig, was die boere van die maanlig afhanklik om hul werk ná sonsondergang gedoen te kry. Dit was die enigste manier waarop hulle die oes betyds vir marktyd, kon in. Die volmaan naaste aan die herfs-ewening, het die “Oesmaan” geword, en was altyd ‘n welkome gesig.


Gewoonlik maak die Oesmaan sy opwagting ‘n paar dae of selfs weke, voor of ná die begin van die herfs. Maar die Oesmaan van 2010 het sy volgroote ‘n skrale ses ure ná die ewening bereik en sterrekundiges het gisteraand s’n, ‘n super-Oesmaan gedoop.


Daar was laas in September 1991 naasteby so ene (volgroote en ewening tien ure uitmekaar uit), en as die aarde dan nog bestaan, sal dié van ons wat die lewe behou, weer so-iets in die jaar 2029 beleef.


So is ons herfs dan ingelui met ‘n super-Oesmaan, ‘n rare aandgloed en ‘n middernagtelike konjunksie – baie besonders.


Hmm….dit alles beteken mos nou net één ding: die winter kom.


Dus dan maar:- lekker lente vir julle.......

5 comments:

Miekie said...

Mariki, waar kom jy aan al die goed? Dis baie interessant. Ek gaan stap graag in die volmaan, maar het dit lanklaas gedoen... miskien in Oktober? Hier is dit al somer... sal seker 'n bietjie afkoel as die reën eers gekom het. Nog nie 'n druppel gehad nie en alles buite is vaal van die stof.

Dané said...

Wat 'n besondersheid!

En o, daai eertse maanfoto is pragtig.

mariki said...

Miekie, ek beskryf maar net wat die Liewenheer laat gebeur!

Ja, Dané, so-iets laat mens altyd "ponder" en die dinge oordink.

Sonja said...

Wow maar dit is slim woorde!En so interessant! Dit is die mooiste foto's.Ek moet se ek is bly ons het nou lente, dit is so mooi as alles weer begin groei.

mariki said...

Miekie -- wou nog sê -- mag die Here gou-gou reën (en koelte) stuur!

Sonnekie -- ek vertel maar net wat ek in die Ingelse taal op die nuus hoor! Het laaaank moes dink om te onthou dat "equinox" = "ewening" waarvan ek iewers der jare op skool geleer het.

GENIET die lente!