Thursday, November 18, 2010

Moet 'seblief net nie val nie







Die leier-skapie van Vennoot en my se ou troppie is op die oomblik in Stavanger, Noorweë vir sy werk. Sê toe ek moet bietjie prenkies opkyk van Preekstoelrots 'n endjie noordop met die ooskus. Mensig!! Wat kan ek meer sê....(behalwe dat dit GROOT ONGELUKKIG nie my eie prentjies is nie....)

Kyk bietjie hoe duidelik sien mens "preekstoel" in die Noorweegse naam: Preikestolen.



Ja, hallo vir jou ook...geseënde mens


So sien mens hom van die boot af

Hierdie ou was toe ook daar.....
Ai, nou moet ek eers weer die reisgogga 'n doodsklap gee.

6 comments:

Dané said...

Mariki, die Here se aarde hou net nooit op om my te verstom nie!

Sonja said...

Dit is baie interessant! Maar moet asb nie so op die punt sit nie,ek gril my morsdood! Baie mooi plek!

Miekie said...

So lanklaas van jou gehoor - dag jy IS op reis. Reis deur die internet is ook lekker, maar dis ver van dieselfde as regtig reis. Jou prentjies maak my baie lus.. so ook Tammy se Phuket fotos. So baie plekke wat ons nog wil sien!

Anonymous said...

ai ou fluitjie. die reisgogga wil-wil net so aan my byt. ek's bevrees as ek hier wegvlieg is daar geen keer nie!! dis darem 'n besondere stukkie landskap, die preekstoel. ek vergaap my.

Cecile said...

Sjoe maar dit is hoog. My maag maak sommer draaie.

Thea said...

Oi joi joi, dis darem maar hoog!! Hoop dit gaan nog goed daar aan jou kant?!