Tuesday, December 21, 2010

Nie wat sy wou hê nie


‘n Vriendin lees tans die onlangsgepubliseerde autobiografie van die Hertogin van Devonshire. Debo, soos die hertogin bekend staan, het maar arm grootgeword, dog, goed getrou en haar titel van haar man gekry.

In elk geval, Debo vertel hoedat haar pa (hy was aan die weermag verbonde) elke jaar met Kersfees ‘n geskenk vir haar ma by die Leër- en Vlootwinkel gaan uitsoek het. Met die toedraaislag het hy gereeld vir die winkelassistent agter die toonbank gesê: “’n Dame sal dit volgende week kom omruil.”

En, skryf die hertogin, hy was reg. Elke liewe jaar.

3 comments:

Sonja said...

Noem ons dit nou ondankbaarheid of weet hy nie hoe om geskenke uit te soek nie?

Anonymous said...

Kan jy nou meer!! Ek draai haar nek om.

Jan and Miekie said...

Ek kan net dink wat sou gebeur het, as hy NIE 'n geskenk uitgesoek het nie! :)