Monday, January 10, 2011

Waar is my sjimpansee tog

~~~~~~~~
Nou hoe verduidelik ek nou hierdie saak – ek bedoel, selfs ‘n slim sjimpansee sou kon agterkom dat ek verlede jaar laas hier ingeloer het.

Ek is skoon verstom dat ek nog weet hoe om by my kraaltjie in te kom!

Ken julle daai gevoel van omdat-ek-so-skuldig-voel-stel-ek-uit-om-die-saak-reg-te-stel-en-dan-voel-ek-nog-skuldiger-en-dan-stel-ek-nogmaals-uit……

Ja, Kerstyd was besig; ons het tot Nuwejaars gaste gehad; ek het stapels lakens en handdoeke begin was en selfs kaste regpak om die hartseerwees te probeer ontwyk toe die laaste kinter by die lughawe afgelaai is, maar nogtans…

Groot askies dus. (As ek net nog elf-en-‘n-halwe maande langer gewag het, dan kon ek julle alweer ‘n geseënde Kersfees toegewens het….!)

Maar ek weet een ding: as ek net ‘n slim sjimpansee gehad het om my te help, dan het julle beslis al vinniger weer van my gehoor….

~~~~~~~

4 comments:

Sonja said...

Ja-nee kyk! kry maar een van daai slim kalante! Ek hoop hulle kan onthou ook!

Anonymous said...

ha ha!! dis kosbaar verby!!

Dané said...

Ek is bly jy is terug -- al is dit sonder jou sjimpansee!

mariki said...

Spyker-op-die-kop, Sonnie!

Is né, An.

Dankie, Dané. Ek ok.