Friday, January 14, 2011

Verkleurmense

Hóé lank jou lysie van voornemens vir 2011 ook al is – MOET jy daarby aanlas om nooit vanjaar (en vir altyd!) met ‘n emmer vol verf in jou motor rond te ry nie.

Want sou jy in 'n botsing kom, is dit wat gaan gebeur:



Die insittendes van hierdie blou motortjie het ‘n 25 liter-emmer verf op die agterste sitplek vervoer. Jônna-whê!

NS:

Die ambulansbestuurder het geweier dat die vroulike paramedikus uit hul voertuig klim, omdat sy nie kon ophou lag nie. Dit was totaal onprofessioneel, het hy gesê. (!)

9 comments:

Dané said...

Hoe op aarde het hierdie mense skoongekom?! Ek het simpatie met daardie ambulansvrou!

mariki said...

Ditto, Dané!

Anonymous said...

OOh no! What a horrible mess. Hulle het darem vinig 'n ander kleur geword!

(I plan to visit often this year, vriendin.)

mariki said...

Lekker om weer hier te gesels, C'tjie.
(How is Ken doing?)

En ja, blitswit!

Sonja said...

Eish! Nou gaan die huis nie "gepaint" word nie.....

Cecile said...

Nee kyk, ek sou ook nie my lag kon hou nie.

Huisvrou said...

Jitte dis wit!
Huiswerkie vir jou daar by my (as jy lus het)

mariki said...

Ditsem, Sonja!

Ekke ok nie, Cecile.

Ek kom loer op 'n stadium, Vroutjie.

mariki said...

Marlize

Ek wou my vrae kom vra, maar kan nie op die kraaltjie inkom nie -- jammer, jong!