Saturday, February 5, 2011

Oupa bly nie meer by nie

Met my breiery vir die dogterkindertjies wat oppad is, soek ek gisteraand ‘n bababaadjie-patroon op die internet, en die ene hier langsaan trek my aandag.


Ek vergroot die prentjie en terwyl ek dit sit en bestudeer, stap Vennoot verby. Skielik steek hy vas, kom loer oor my skouer en vra so half verstom: “Wie’s dié?”


Ek verduidelik waarmee ek besig is. Toe hy wegstap, hoor ek hy brom so onderlangs verontskuldigend vir homself: “Ek wou mos darem sê dis nie een van die kleinkinders nie.”


Siestog Oupa -- dinge gaan nou te vinnig vir jou.

6 comments:

Dané said...

My simpatie met oupa!

Thea said...

Hiehiehie... arme oupa!

Sonja said...

Hahahaha!! Arme Oupa!

Anonymous said...

ha ha!!

Huisvrou said...

Arme Oupa. Ja,Mariki, met die vele - internet-kleinkinders is dit nogal 'n ander prentjie.

mariki said...

Julle moes my hoor lag het vir die arme man!