Thursday, March 5, 2009

Arizona, hier kom ons

Gou kom inloer om te sê dat Vennoot en ek môre vroeg vir so vir ‘n paar wekies die pad Arizona toe vat.

Dis nou die ding met aftree: mens sit nog teetyd so en praat oor luswees vir nuwe horisonne verken, dan vra die ander ou, maar wat is fout ons doen dit sommer einde van die week. Ja, wat IS fout? Mos g’n niks, net mens se eie stompsinnigheid om nie elke geleentheid met albei hande aan te gryp as dit jou gegun word nie.

En so sit ons die daaropvolgende dag af woonwahandelaar toe en saal die wilde perd op met die koop van ‘n piepklein woonwaentjie.

Nie dat ons nie al baie lank rondgekyk en bepraat en beplan het aan hierdie moontlikheid nie. Dis nou, vandat ek laasjaar die brosjuretjies en die asemwegslaanfoto’s van verre reise en rondrits so “terloops” in Vennoot se pad laat rondlê het.

En nou staan die ou waentjie gepak en wag om met sonop gehaak te word, wanneer die vrou-wie-se-plan-so-goed-gewerk het, saam met die man-wat-dink-hy-het-op-die-idee-gekom, die kar se neus suidweswaarts sal draai om die geluksaligheid van die eerste aftree-vakansie te beleef.

So groet ek tot wederkeer.
Mag die Here almal van ons tog veilig bewaar.
mariki

6 comments:

Mariette. said...

Oooe dit klink sooooo lekker! Wat 'n voorreg!
Julle moet dit geniet, veilig reis en baie kiekkies neem sodat ons ook kan sien hoe mooi daardie plekkie van julle lyk.

Geniet dit en geniet mekaar.
En ons bid die Vader se beskerming oor julle reis.

Nimsi se Blog said...

Geniet die vakansie! Ry veilig.
Nimsi

Desia said...

Geniet dit baie Mariki! EK sien uit na die fotos en toerbeskrywings.
My jongste se net vandag dat ek, haar ma, nie eintlik vreeslik spontaan is met dinge doen nie - soos skielik besluit om 'n fliek te gaan kyk ens nie. Miskien is daar hoop vir my wanneer ons ook by aftrede kom?

Muriel said...

Geniet dit Mariki!

Charmaine said...

Dit klink wonderlik en ek sal beslis weer kom inloer om te sien hoe die reis vorder. Dis die mooiste foto!! Geniet en veilig reis Mariki

mariki said...

Dankie, almal!!