Monday, September 29, 2008

'n Drukkie




‘n Drukkie is so lekker
‘n drukkie is so goed
‘n drukkie omdat dit mag,
tog nie omdat dit moet.
‘n Drukkie maak jou warm
so met arms om jou heen
iets te doene met saamwees
iets met nie-alleen.
‘n Drukkie kos jou niks,
wel…’n minuutjie van jou tyd,
dit sê soveel oor omgee
en jy ---is niksnie kwyt!

9 comments:

Anonymous said...

Wow, dis pragtig!

mariki said...

Ons kort almal drukkies, né! Soveel dankie vir die inloer.

Desia said...

Hi Mariki
Lekker om jou inskrywings te lees!

Ek sien jy noem die boek "My hart wil Afrika," my sussie het dit eenkeer as "koebaai" geskenk vir my gegee na ons daar was en sy't omtrent niks daarvoor betaal nie, so ver was dit afgemerk. Ek het die boek baie geniet en vir 'n ander ekspat geleen wat dit sommer by my wou koop, soveel het sy dit geniet en kon dit nie iewers anders opspoor nie. Ek is verbaas dat die boek nie meer gewild was nie, of dalk was dit, ek weet nie.
In elk geval, welkom en sien uit na jou skrywes!

mariki said...

Hallo daar -- lekker om jou hier te sien!

Soos jy sê, dit is interessant dat die boek dalk nie gewilder was nie.Ek het dit ook sommer net iewers terloops raakgeloop. Dink kort voor ons weg is.

Anonymous said...

Het jou inskrywing geniet! Drukkies is belangrik

mariki said...

Sandra, jy is welkom!

Ek weet nie wat dit is nie, maar elke keer as ek by jou wil kuier, dan "stol"die bladsy en neem dit ellelang. Sou graag gewou het!

Anonymous said...

Mariki dis miskien omdat ek baie foto's het wat eers oopmaak. Hoop jy kom reg.

mariki said...

Jaa, dis dalk wat. Dankie.

Muriel said...

Ek is mal vir drukkies!