Thursday, September 25, 2008

'n Kind, en 'n blog, moet tog 'n naam hê

Fluitjiesriet? Fluitjiesriet??

Lank gedink, nog gedink en heroorweeg.

‘n Blognaam kan mos nou ook nie sommer so verbeeldingloos soos ‘n straatnommer wees nie. Stel jou voor: blog nommer sewentien miljoen driehonderd een-en-veertig. (Ek lees daar is iewers ingeligtes wat skat dat daar min of meer al aan hierdie soveel miljoene blogs die lewe geskenk is.)

En al sou ek ook weet dat my ou bloggie wel nommer sewentien miljoen driehonderd een-en-veertig is, dan is ek mos nog EK (al is ek nou ook maar net een van die 6,723,884,291 siele wat hierdie aarde bevolk – en let wel, hierdie syfertjie is al ‘n maand oud!)

Maar daar is anders redes ook nog, en daarby kom ek later uit.

Vereers genoeg om te sê ek het ‘n oom geken wat baie beslis kon voet neersit met “so is dit. Uit en blerrie klaar.”

So, hier sit ek voet neer.
mariki

4 comments:

Anonymous said...

Marikki,
Ek is totaal mal oor "Fluitjiesriet". Dit is soos jy sê - 'n nommer wil ek tog nie wees nie. En 'n naam (al is daar 400 Rietfonteins in SA) sê darem maar lekkerder as 4miljoen agthonderd sewe en veertig duisend en ses.
Wou maar net sê: Ek het ingeloer en sal weer kom kuier - so tussen die 4 kinders en Tuisskool deur.....
Huisvrou

mariki said...

Hallo huisvrou!

Jy is my eerste gas -- en ek is danig in my skik.

Kom maak gerus weer 'n draai. En alles beste met "die esse wat jy moet kap" om deur jou dae te kom!

Muriel said...

Marikki

Welkom in die blog wêreld. Baie mooi blognaam!

Groete

mariki said...

Dankie wipneus! Ek waardeer jou besoekie sommer baie.