Fluitjiesriet.
Sê dit. Die een woord. Sê dit tog net weer ‘n keer.
Dis woordmusiek, sommer net so. Onopgesmuk, sonder omhaal; dog so fyn en suiwer en ryk. Daar lê ‘n wêreld verskuil in hierdie klankgewordenheid.
Die liedjie
van my rietfluit
my gonnie-piet-
verdriet-fluit
het niks
het niks
van die
ret-tet-tet
van die
luister-hoe-ek-
skree-trompet,
het niks
het niks
van die
rom-tom-tom
van die
hier's-ek-weer-
met-my-
trommel-trom;
hy't net
hy't net
die fyn verdriet
die fyn verdriet
van die fluitjiesriet
Philip de Vos
No comments:
Post a Comment