Thursday, May 28, 2009

Eilandwandelinge

Victoria-storie (1)

Bewolk en koel bly die dae daar op die eiland van Vancouver, maar ons kry tog ons ry na plekke toe en maak ook 'n draai in Victoria, die hoofstad van die provinsie van British Columbia. Waarom die hoofstad op die eiland? Omdat dit die plek is waar verhandel en gewerskaf is, lank voordat die oos-Kanadese binneland verken is.

En toe die handelsgewoel en -gewerskaf na die stad van Vancouver toe verskuif, begin die inwoners van Victoria om ewe "genteel" te leef en dis die aard van die baie rustige en baie mooie stad, wat met 'n besoekertal van 31⁄2 miljoen toeriste elke jaar, meer as 'n biljoen dollertjies in die sak inbring!

Hierdie plakkaat wys hoedat Victoria reg op die suidpunt van die eiland lê.


Dis hoedat ons nie die weer daar beleef het nie! Parlementsgebou met (natuurlik) die standbeeld van konigin Vietorie (soos Ouma Noeks haar altyd genoem het).


En dis soos ons dit gesien het.


Die parlementsgebou kyk uit op die inham van die binne-hawe.


En met die rondstappery daar op die waterkant, sien ons toe op 'n gedenkplaat 'n afbeeldingkie van die SA-vlag. Kyk mooi: aan die regterkant, 3e ry van links, 3e enetjie van bo af. (Kom toe laasweek eers agter die SA vlag is die enigste landsvlag in die wêreld met 6 kleure in sy primêre ontwerp.)


Die toeriste-seisoen het nog nie stoom opgetel nie, maar daar is toe tog hierdie “straatstandbeeld” wat die mense vermaak. Ek weet glad nie of dit al in Ouland kop uitgesteek het nie, maar dis nogal iets, oftewel ‘iemand’ om te beleef.

Hierdie mimiekkunstenaars trek aan soos een of ander bekende figuur of filmheld, of beverf/bespuit/bepoeier hulself en neem dan roerloos stelling in vir soms ure op ‘n keer! Mens staan daar en kyk en kyk of jy die standbeeld op die geringste beweginkie kan uitvang, maar aikona, niks, nieks.

"Plasterman." (En moenie sy "verfblik" miskyk nie!)

Dié kêrel wou opsluit hê sy meisie moet die mimiekman mimiek, maar sy was aanvanklik bietjie sku.

Niks gebaat nie, staan MOES sy gaan staan.

Mimiekman het die hele spulletjie (roerloos) aanskou en toe ge-"Kom laat ek JOU omhels, vir die hardvogtige kêrel, tot groot vermaak van die omstanders.



Volgende keer dan nog 'n paar Victoria-foto's.

5 comments:

Jan and Miekie said...

Soos jy sien het ek "haar" gekry! Dis kosbare fotos en 'n kosbare beskrywing. Jy laat 'n hele wereld vir my oopgaan.
Dorette het ook al gesukkel om "posts" in die regte orde te laat "publish". Ek wonder hoe kry jy ander prentjies as fotos op jou blog? Ek kry niks "gecopy" nie - as ek iets probeer kopieer weier hy (my blog moet 'n hy wees want net 'n hy kan so hardkoppig wees) op dit te "publish". Sterkte met die bloggery en dankie dat jy laat weet het waar om wat te kry! Sou hierdie pos vir niks wou misloop nie.

Anonymous said...

Julle het darem lekker gaan galavant, vriendin. Ek travel sommer so lekker saam.

Next time it might be me -- wie weet, né!

mariki said...

Sooo bly, Miekie, en dankie vir die mooie woorde. Ha-ha -- "net 'n 'hy' kan so hardkoppig wees." (Jy hoor my lag, maar ek sê nieks!)

Die geografiese plakkaat was by die waterfront, is dus 'n foto. Andersinds neem ek meestal foto's van prentjies in brosjures of pamflette.

Om van die web af te laai (werk ook nie altyd nie): waar jy "browse" druk vir foto's oplaai, tik jy nou by die url-spasie die url-inligting van die gewensde foto in.

En ja, reis is darem net eenmaal wonderlik.

mariki said...

Miekie, laat weet of ek beter moet verduidelik!

mariki said...

C'la -- "next time", hoop so hoor.

En julle saamkuier maak my kuiery vir my dubbel lekker, dankie, jong.

Lekker naweek.