Saturday, May 23, 2009

Hallo weer!

Hier is ek toe weer, maar wil eers dankie sê aan elke ene van julle, vir die goeie wense en gebede vir ons reis -- het na julle verlang en wil sê hoe baie ek julle waardeer en -- moet dit NIE vergeet nie, hoor!!

Wel, met 8 200 km onder die motorwiele deur, 20 nagte se wegslaap van die huis af en heeeelwat ekstra stoffering om die middellyf (ughh...), is ons veilig en behoue terug van Vancouver Island af.

Nooit gedink ek sal eendag só moet inpak nie….en roerie, ek is nie verslaaf aan iets nie. Net één ou soort pilletjie word met die dokter se handskrif gekoop. O toggie, hoe gee ek nou weer vir dokterseun raasammunisie….

Maar as die boereraat-pilletjies mens dan nou energie gee om dít langspad te kan sien en geniet, is dit sooo die geldjies werd...



Hieronder, in Wyoming en kort voor die eerste slapie in Utah, en ons wonder hoe koud ons vannag in die karavaantjie gaan kry. Maar die verwarmertjie doen toe gelukkig sy ding.

En hier is ons tentjie-op-wiele; (genaamd Belofte, want toe ons destyds voor ons groot uittog uit Ouland uit ons geliefde karavaan moes verkoop, het ons vir die kinners belowe ons sal weer ene aanskaf. Ydelike woorde het dit geblyk te wees, want nou is hulle almal uit die huis uit voor dit kon gebeur!)

Wel, Belofte weeg onder 'n skrale 1 360kg en mens voel feitlik nie dat jy hom trek nie; slaan binne 30 sekondes op/af en is waterdig, met yskas, verwarmer (hoera!), lugreëling en al. Kan ook op beide gas en elektrisiteit werk.


Die Washington Staat se reisgids vertel van die “Beierse” dorpie in die berge so twee ure se ry oos van Seattle, en ons grinnik nog oor die kitch wat ons te wagte is, toe ons mooitjies nootomkeer ons wysietjie moet verander – die dorpie is dierbaar “Alps”. Nie so gebore nie, maar so gemaak, omdat die inwoners in die sestigerjare gesien het hul blyplek het geen toekoms nie, en dit toe stadig maar seker begin 'ver-Beiers' het om toeriste te trek. En kry hulle dit reg! Met die Oktoberfest, internasionale akkordion-saamtrek, wynproefeestelikhede en Kersseisoen se ligtefees, afgesien nog van die ski-bedryf, is dit deesdae‘n ware Beierse byenes van mense!

(Altyd gedog dis net ‘n boer wat ‘n plan maak…)








9 comments:

Nimsi se Blog said...

Hallo mariki,
Baie welkom terug! Jou foto's is pragtig. Ek is verlief op belofte.

Sandra said...

Dit lyk pragtig daar!

Muriel said...

Wow! Mariki wat 'n lekker reis.

Ek is mal oor die Beierse dorpie!
Die skilderwerk op die mure is so mooi! Dis so magical dorpie.

Hierdie belofte is 'n oulike dingetjie!! Veral vir ons, want ek sien sommer ons gaan mooi plekke op jou blog sien as jy padvat! *wink*

Mooi bly!
Muriel
http://wipneus.co.za

Jan and Miekie said...

Welkom tuis! Wat 'n pragtige land - laat my terugverlang na Montana. Jou fotos is pragtig. Dankie dat jy ons deel maak van die toer. Ek het nie geweet die Yanks het ook "klein" karavane nie - het daar is die Weste net R.V's gesien en ons bakkie sou soos 'n muskiet s'n gelyk het lanks hulle trokkie-agtige "pick-ups". (Die eerste dag toe ek in Montana aangekom het, het ek 'n mobile home gesien wat gesleep word en ek maak toe 'n opmerking oor die big caravan... vir hulle was 'n caravan 'n spul kamele.)

mariki said...

Jip Nimsie, deel daai "verlief wees!"

Jy is reg, Sandra, hierdie land HET darem sy pragtige plekke.

Hallo weer, Muriel -- sal jou moet gaan soek iewers, weet net nie waar nie. Ja, die toertjie was so lekker, maar nou is dit vereers seker net naweke wegglip.

Moet nog Montana gaan bekyk, Miekie.Ek glips nog partymaal met "caravan!" En hulle hou van GROOT, né.

Desia said...

Dit lyk of dit 'n heerlike toertjie was. Ek hoop jou blog verdwyn nie gou nie, sodat wanneer ons eendag uitkom by padvat wanneer ons wil, ek hier kan kom opsoek na oulike plekke soos die Beierse dorpie.
(Ek's nog nie seker of ek kans sien vir die karavaantjie nie? Ek's maar lui en gemaklik!)

mariki said...

Desia, dit WAS heerlik, dankie.

Vertel my baie dinge, maar nie dat jy lui is nie (nie met al daai appelverwerking van destyds nie!) -- en gemaklik vat is nie sonde nie!

Anonymous said...

Ek moet se, van alles is ou Belofte vir my die cuteste ding! Welkom terug, Mariki.

mariki said...

Hmmm, praat jy my nou darem na die hart, Boendoes!