Tuesday, May 26, 2009

Toe kom ons darem daar.

Op een van nog baie bewolkte dae wat sou volg, laai ons vir Poppiedot in Vancouver by beste maat af, waar die kersiebome die straat vol blom.

Ons vaar op 'n rimpellose Golf van Georgia met die veerboot oor na Vancouver Eiland.

So lyk meeste van die binnelandse paaie op die eiland -- bosbegroei aan alle kant.

En as jy lus is, dan plant jy affodille op jou dak.

Vir die volgende week bly ons by die vakansie-oord, soms reën dit nie, maar meestal wel. Maar wat maak dit saak -- vakansie bly vakansie, en die oord is alte pragtig.




Die tuine is so mooi! Op die eiland is dit oral 'n lushof van blomme en mense maak graag tuin -- met soveel reën kan die plante tog ook nie anders as om hul beste blaartjies voor te sit nie.





Die oord lê aan 'n see-baaitjie.




Sonsondergang vanaf ons balkon.

7 comments:

Nimsi se Blog said...

Mariki
jou foto's is pragtig! Met soveel natuurskoon sou die reen my ook geensins gepla het nie. Jou sonsondergang foto is regtig besonders.

Jan and Miekie said...

Oe dis mooi, mooi, mooi! Al is dit nie Prince Edward Island nie, sou ek my daar kon verbeel ek is Anne of Green Gables. Daardie kersiebome en die bosbegroeide paaie sal tot vir my tot digkuns inspireer!

Sandra said...

Pragtige foto's en pragtige plek, seker julle het sommer lekker vakansie

krista said...

Dis werklik baie mooi!

mariki said...

Nimsie -- jy sê dit.

Miekie, ek het vir Vennoot gesê dat Nova Scotia (en PE Eiland) vir my nog steeds tops is! Wanneer was jy daar?

Ons het, dankie, Sandra.

Welkom, en jy is reg, Krista.

Muriel said...

Oh this is heaven!! En daai affodille op die dak is te cute!! Ek kort juis nog plek om blomme te plant, laat ek maar dak toe gaan LOL

mariki said...

Staaadig klim, Muriel!