Friday, May 29, 2009

Vakansieverlamming-reseppie


So terugkomende van vakansie af, is dit altyd vir my ‘n kwessie om terug te spring in die rat en roetine van veral kosmaak. Die ou breinselle lei nog aan vakansieverlamming en wil maar nie kliek dat die blaaskans iets van die verlede is en die hef-aan in die kombuis weer begin het nie.

Dit is dan dat ek hierdie staatmaker reseppie uit die laai pluk. Trouens, ek het dit al selfs op kort kennisgewing vir gaste aanmekaargeslaan (aanmekaargeslaan moet mos een woord wees, of hoe!) Dis vinnig, maklik en lyk aantreklik.

Ek voeg ‘n paar knippies Rooipeper by die meelmengsel. Bedien die hoender ook soms in repe gesny, op engelhaarpasta. Indien verkies, kan ongemarineerde artisjokke-harte gebruik word.

Let op dat die resep net genoeg is vir 2 mense, dus sal dit aangepas moet word vir meer eters.


FLORIDA CHICKEN

Prep time: 35 min

SERVES 2

Ingredients

* 1 (5 ounce) package saffron rice mix (such as Mahatma saffron
yellow rice)

* 2 boneless, skinless chicken breast halves
* 2 tablespoons flour
* 1 teaspoons curry powder
* 1 1⁄2 teaspoon paprika
* 1⁄2 teaspoon salt
* 1 tablespoons butter
* 1 (14 ounce/397 g) can marinated artichoke hearts, drained,
quartered
* 1⁄4 cup dry white wine
* 1⁄2 cup whipping cream

Directions

1. Cook rice according to package directions; keep warm.
2. Flatten chicken breasts slightly using a meat mallet.
3. Combine flour, curry powder, paprika and salt; dredge chicken
in flour mixture.
4. Melt butter in large skillet over medium heat; add chicken and
cook 5 minutes each side. Test for doneness with meat
thermometer.
5. Remove chicken and keep warm.
6. Wipe skillet with paper towels.
7. Add artichoke hearts, wine and whipping cream to skillet;
cook, stirring often, for 3 to 5 minutes or until thickened.
8. Serve chicken over rice.
9. Spoon sauce over top.

Bedien saam met ‘n lekker slaaitjie en vars brood(rolletjies).

Lekker eet!

6 comments:

Nimsi se Blog said...

Dankie mariki
gaan nou dadelik hierdie reseppie uitdruk en in my "belangrike - goeters" boekie plak.

Muriel said...

Mmmmm Dankie Mariki ek is mal oor resepte uit toets! En hierdie ene weet ek sommer gaan een van my gunstelinge word!!

Mooi bly
x x

mariki said...

Hoop dit werk ook goed vir jou, Nimsi.

Goedso, M!

Jan and Miekie said...

Njam. Dit klink baie lekker -gaan dit uittoets! Daar is hoeka hoenderborsies in die vrieskas. Dankie Mariki

Dané said...

Dankie. Dit lyk lekker.

mariki said...

Dit IS hoor! En welkom hier.