Thursday, August 19, 2010

Hoor jy my lag (en ween)?

Skoonheidswedstryde en ander mode-mededingende gebeure is beslis nie my forté nie. En ek weet ook nou nog nie hoe ek afgekom het op die foto’s van vanjaar se nasionale komstuumvertoning, by die Mej. Heelal-wedstryd nie. Maar waar vind ek dit toe skatersnaaks! (Veral die kommentaar van die Britse Telegraph daarby -- waarby ek so bietjie aangevul het!)

Daar is ‘n prys vir die beste kostuum te wen, maar dit tel nie vir die verkiesing van die semi-finaliste nie. Die kleurvolle okkasie bied ‘n kykie op die verskillende lande se kulture. Soooo leersaam!! (ha-ha).


Mej. Panama. Koooeee….hier is ek…….


Stekels, blinkers. blomme, vere, en Tsar Alexander se staf. Kom ek nog-iets kort? Mej. Nicaragua


Mej Brittanje kon nie belsuit na watter partytjie toe sy wil gaan nie, toe trek sy maar vir altwee aan (en wen die prys van die aand.)

Sykouse rond enige uitrusting af. Mej. Creole.


Nooit geweet tennis is België se nasionale sport nie?

(En as sy nie die bal kan raakslaan nie, sal sy hom wel kan raakSKOP.)

Kalahari-lappie op ‘n blink skaal, vertoon deur Mej Colombië.


Mej. Candy Queen – komende van Curacao.

Mej. Amerika. (Bly al 'n paar jaar in hierdie land, maar het nog nooit voor vandag hierdie soort voël gesien nie).

Mej. Australië se kostuum is in haar tuisland as ‘n “dingo-ontbyt” beskryf.

As ek die aandag van ‘n minder goedgevormde deel van my anatomie wou aftrek, het ek dalk ook spinnekopvlerke aangehaak soos Mej. Albenië, ekskuustog, Albanië.

Dié mejuffrou kom uit Angola. Ek swyg.

Mej. Dominikaanse Republiek. Is dit nie bietjie vroeg vir Kersfees nie?

Ek vermoed Mej. Guam moes ver deur oorgroeide tropiese woude hardloop om die vertoning te haal.

Mej. Pampoen, ag ekskuus, ek bedoel Mej. Zambië


[Waarom steek die woord ‘afgodspriesteresse’ dan nou al in my gedagtes vas?]

7 comments:

Cecile said...

Haha.... dink net mens moet so in die straat loop.

Thea said...

Hahaha... uiters leersaam inderdaad! Lekker gelag vir die kommentaar - dis skerp! :-)

Sonja said...

dit was nou n lekker lag sessie!Praat van "goeie" smaak en stylvol.....Ek wonder of hulle kleinsussies dit ontwerp het vir die skool se dierekonsert...

Anonymous said...

HA HA! Ek moes nou lag vir jou kommentaar Mariki, veral die heel laaste sin in hakies. Ek stem voldoende met jou saam!

Miekie said...

Dankie Mariki vir die fotos en jou kommentare! Skreeusnaaks! Die kostuums alleen is genoeg rede om NOOIT deel van so iets te wees nie! Hoe absoluut simpel moes daardie meisies nie gevoel het nie, maar hulle kry dit reg om deur dit alles te GLIMLAG! Het hulle dalk gedink dis oulik? Kan nie glo nie!

cat said...

Nou wil ek weet hoe het Mej Sa gelyk - sy is so mooi en beskeie meisie.

mariki said...

Cecile, dit sal 'n ellendige verkeersknoop afgee.

Thea: "uiters leersaam inderdaad." Jy spot fyn, né.

Sonja, ek wonder saam met jou.

Eintlik tragies, né andorize.

Weet jy Miekie, ek is oortuig hulle het gedink hulle lyk treffend.

cat, interessant genoeg was haar foto nie tussen die ander nie.