Wednesday, August 11, 2010

O, net JULLE mag boelie??

Oor die algemeen is Grootbroer (Big Brother) se land een van regverdigheid. Oor die algemeen en miskien en bolangs en ook (en veral)…..solank jy nie van die “neurotiese” oortuiging is oor ‘n Drie-enige God in die hemel, ‘n Verlosser en sonde en bekering nie.


Verdraagsaamheid (dit hang af wie verdra moet word), is die motto.


En terwyl dit beslis so is dat Jesus ons oproep om ons naaste lief te hê soos onsself (hoe ver skiet ek tekort!!), is dit ook ‘n feit so groot soos ‘n moerasmonster dat dié woord deesdae hier gebruik word om vrye meningsuiting te onderdruk en die heidense agenda te bevoordeel.


Niemand stry dat afknouery op skool nie geduld kan word nie. Máár….onlangs in Illinois kom ‘n christen-mamma agter dat wanneer haar kinders se skool die woorde “veilig” en “welkom” gebruik, dan ervaar sy dit allermins.


Dit is woorde wat voorkom in ‘n opvoedingsprogram wat by skole ingestel word om die homoseksuele kwessie positief te inkorporeer in die leerplan, in buitemuurse bedrywighede, in onderwyser- en ouer”opvoeding” en in alle ander skoolbedrywighede – met ‘n nasionale begroting van $70 mil (R511 103 000 miljoen – ja, vyf honderdmiljoen rand!!) van die Obama-regering.


Die program sluit in graad een-leesboekies soos “Heather het Twee Mammies” en “Tango Makes Three”, ‘n storie van twee mannetjie-pikkewyne wat verlief raak en dan ‘n pikkewyneier laat uitbroei om die kleintjie liefdevol groot te maak.


Die graad drie’s moet ‘n video kyk en legkaarte voltooi oor ‘n “transgender” familie waar kinders van tien en elf, blom onder die hande van twee pa’s of twee ma’s.


Verder moet leerlinge wat “cross-dressing” beoefen (wat op dees aarde tog is dit op Afrikaans? Oormekruis-aantrek??), wel, hulle moet toegelaat word om by enige badkamer te mag ingaan.


Hierdie program word reeds by sommige skole in 16 state toegepas.


Toe ouers in Kalifornië gevra het dat hul kinders van die geslagsopvoedingsklas verskoon moet word, is die saak hof toe gesleep en verlede Desember het ‘n hooggeregshofregter in Alameda dit geweier en bepaal dat die “opt-out right” ondergeskik is aan die regte van lebiese, homoseksuele, biseksuele en transgender families.


Ook word voorstanders van hierdie program gewaarsku dat hulle teenstand gaan kry van mense wat sekere “waardes” huldig of “weens hul geloof” nie verdraagsaam gaan wees nie.


So ver het dit gekom.


En wie verdra miskien nie vir wie nie?


Daar is immers ‘n hemelsbreë verskil tussen om verdraagsaamheid te betoon (om iemand van wie jy verskil steeds met respek te behandel), en om te verkondig dat die homoseksuele lewensstyl moreel regverdigbaar en prysenswaardig is – en dit dan wetlik op ander af te dwing.


Dit is bitterlik LAAT in die dag.

5 comments:

Dané said...

Mariki, my keel trek toe....maar ons Vader slaap nie, né.

O, hierdie mense is op 'n verskriklike dwaalspoor.

cat said...

Ek hoor by 'n Amerikaans vriendin van my dat hulle geen Chirstelik godsdiensopvoeding in die skole meet het nie. Nou persoonlik dink ek dit is 'n ouer en die kerk se taak en nie noodwendig die skool nie, maar vind dit erg ironies dat die motto steeds "In God we trust" is. Hierso desondanks ons liberale konstitusie het ons nog God in die skole.

Anonymous said...

Tolerance has become the new watchword of our times. it is heralded as perhaps the highest virtue in Western Culture that glues people of different backgrounds and ideologies together for the sake of promoting cultural unity. The media and the governmental bureaucrats tell us to be tolerant of everything and anything - except the Gospel of salvation, all in the name of political correctness. It seems almost ironic that Christians are not being tolerated by such a "tolerant" society. (Franklin Graham, The Name).

Sonja said...

O, hoe dankbaar is ek vir tuisskool wat ons nog toegelaat word. Ek glo die liewe Here sal ingryp voor hulle te ver gaan. Hulle moet die woordeboek oorskryf want hulle weet nie dat die woord manipuleer en domineer en verdraagsaam blykbaar een ding beteken nie!

mariki said...

Soooo waar, Dané.

cat, stem saam: ouer en kerk moet godsdiensopvoeding doen. En oor "in God we trust" -- hang af wie en wat "daai "God" is. Mense kan sleg om die bos gelei word, né!

Dankie, andorize!

Ja, Sonnie -- NET by God vind ons skuiling.