Tuesday, October 19, 2010

Ag pleeze, Mr. President

Wonderbaarlik en uit genade alleen, is die 33 Chileense myners en hul helpers verlede week gered en daarna is die reddingskag verseël – en ‘n biljoen mense oor die ganske wêreld heen het dit alles ademloos dopgehou.


Ek het nog nóóit in my léwe vir sóvéél lánge minute áánmekáár, só gefassinéérd gesit en staar na 'n al-in-die-rondte-draaiende-wiel nie!


(Nou het ek ‘n idee hoe die ou wat die eerste wiel toenter-van-jare uitgevind het, naasteby moes gevoel het!)


En dat die Here se Naam enigsinds genoem was, het my soooo bly gemaak. Selfs die Chileense (sjarmante) president het herhaaldelik gesê dat dit bloot die genade van God was.


Maar toe kom bederf hy dit alles hier teen einde met die volgende opmerking: “Eendag, wanneer ons voor die hemelpoort staan en wag om ingelaat te word, moet julle 33 asseblief kom en voorspraak doen vir ons redding.”


NEE! Géén goeie werke, géén inspraak van enige ander sondige mens kan God beïndruk nie – maar ALLEENLIK dat ek glo dat Jesus Christus vir my sondes gestef het.


Pleeze Mr. President, get your act together.

5 comments:

Jan and Miekie said...

Stem so saam! Vandag sing ek die 2e vers van die aandgesang "beoordeel U na reg my dade, waar sal ek skuil, waar vlug ek heen?" Kan jy dink, as ons self vir ons saligheid verantwoordelik moes wees!! Laat 'n mens net weer besef hoe GROOOOT God se genade is! Dankie, dankie, dankie!

Sonja said...

Ai,maar dit klink so streng!Sal hierdie strenge vrou nou sy snorbaarde vir hom uitruk! Maar die hele besigheid het my sommer laat huil!

Dané said...

Mariki - dit spruit uit sy Rooms-Katolieke geloof dat Jesus ALLEEN nie goed genoeg is vir ons saligheid nie. Hoe jammer.

Anonymous said...

Ai tog, what a pity.

C

mariki said...

Miekie, ek ken hom sooo goed -- was my ou Pa se geliefkoosde ene!!

Ja toe, hy moet skrik, Sonnie!

Jy is reg, Dané.

Ja, C'tjie -- dis 'n ramp wat hom sy saligheid by Jesus kan kos.

Dankie, Desia.