Saturday, October 2, 2010

Kan amper nie hier sien om te lees nie



In ‘n retrograde woordelys (= lys van verwante woorde) op google, vind ek -- ironies genoeg -- die volgende klompie woorde bymekaar:

getjank... lank... tydlank... ellelank ......

En ook: onherkenbaar... onversoenbaar.

Wel, ek het myself gister onherkenbaar poffer-oë gehuil. Hart gekneus en lyf skoon siek.

En ek kan my nie met die gedagte versoen nie…..Oudste sus is al klaar weer weg.

Why can't we get all the people together in the world that we really like and then just stay together? I guess that wouldn't work. Someone would leave. Someone always leaves. Then we would have to say good-bye. I hate good-byes. I know what I need. I need more hellos. ~ Charles M. Schulz

Ek stem.

Volmondig.

En toententaal.

6 comments:

Dané said...

Ag jinne Mariki. Sterkte tog, vriendin. Dink aan jou.

Dis so aaklig hierdie ding van afstand. Ons worstel maar almal daarmee. Op een of ander manier.

Jan and Miekie said...

Hellow Mariki!
Ek stem - ons kort meer hello's in ons lewens, so as jy die dag hier vir Ousus kom hello sê, kom sê asb. ook hier hello.

Anonymous said...

Ai fluitjies... Ek lees nou iets wat Helen Rowland geskryf het wat se: "A man never knows how to say goodbye; a woman never knows when to say it". Nie die beste van vertroosting nie, maar hoop dit lig darem die mondhoek so effe ;)

Sonja said...

Ai dis hartseer!Jammer sy kon nie nog n bietjie bly nie,sy moet weer kom kuuier,dis al!

Thea said...

Ai vriendin!! Jy sal nou maar net SA toe moet kom om die kuiertjie voort te sit! Afskeid neem is aaklig!! Hoop vennoot het baie TLC toegepas na jou ousus se vertrek.

mariki said...

Dané -- ja né -- "op een of ander manier."

Miekie dankie, dis een van die hartverwarmendste uitnodigings nog -- dankbaar die uwe!

Annapatatjie -- jy is 'n skat!

Beslis sal sy moet, Sonnnie.

Die ou ding het, Thea, maar hartseer is hartseer, en myse ou Vennoot is so ietwat onbeholpe wanneer die trane loop....

Aan julle almal -- ek waardeer julle SO. Groot warmte in die hart t.s.v. die eina.