Tuesday, October 12, 2010

Redding voor die redding

José Henríquez lei elke aand ‘n klein gebedsgroep vir manne in die noorde van Chile -- 2,300 voet onder die aarde.


Soos al wat'n koerant in die wêreld al berig het, wag 33 Chileense mynwerkers om gered te word uit ‘n ondergrondse skuilplek uit so groot soos ‘n normale woonkamer, nadat die myningang op 5 Augustus toegeval het.


Die reddingsaksie om die myners bo-gronds te bring, sal om middernag vannag (Dinsdag) begin.


Tydens die toeval van die myn, was Henríquez en twee van sy kollegas Christene – sedertdien het nog twee manne hul harte aan die Here gegee.



Nadat reddingswerkers kontak met die myners bewerkstellig het, het José gevra dat ‘n evangeliese predikant die manne oor die telefoonverbinding in die skag af, moet kom bedien. Dit was ‘n lang gesoek om 'n predikant op te spoor, aangesien Chile hoofsaaklik Rooms Katoliek is.

Twee weke gelede het die hoof van die Baptiste Unie, Ds. Morales, uiteindelik met Marcelo Leiva, predikant van die Baptiste kerk in Vallenar en so 2 ure van die myn af, in verbinding kon tree.


“Dominee,” het Morales gesê, “dis óf jy, óf jy wat moet gaan.”


“Ek gaan,” was Leiva se antwoord.


Met sy aankoms by die kamp waar die mynwerkers se families wag dat die manne bevry moet word, het Leiva die familielede uit die Skrif uit vertroos.



Die vrou van een van die mynwerkers wat ondergronds tot bekering gekom het, het met dominee Leiva kom gesels en het ook besluit om Jesus te volg.


Die families slaap op matrasse in militêre tente, en saans gesels ds. Leiva met wie ook al wil saampraat. Hy vertel dat die verskil tussen diegene wat Christus ken en dié wat nie, opvallend is. Die gelowiges is ooglopend moediger en rustiger en ondersteun die ander wagtendes.


Die dominee het die geleentheid gebruik om ook met die polisie en buitelandse joernaliste oor Christus te praat.


”Ons as die Here se kinders moet ons werk doen solank die geleentheid daar is,”sê hy.


Mag God die uitbring van die 33 manne vannag geseënd laat afloop.

6 comments:

Anonymous said...

Dis 'n thrilling storie, maaterkie. Die Vader gaan haal 'n mens enige plek,né.

C

mariki said...

Dis net so, C'tjie!

Jan and Miekie said...

Wat 'n bemoedigende storie! Mag nog meer tot bekering kom!
Vandag oor R.S.G. gehoor die reddingskag is 'n Suid-Afrika projek - die vrou van een van die Suid-Afrikaners wat deel is van die reddingspan daar, het vanmiddag daaroor gepraat. Laat 'n mens trots Suid-Afrikaans voel!
(N.S.: die word verification vandag is "blest"- bid dat almal daar betrokke besonders "blest" sal wees vannag.)

Thea said...

Wonderlik! Ek wil reeds nou-nou bietjie na CNN gaan kyk na die vordering daar.

Sonja said...

Dit is so n aangrypende pragtige storie!! En ek sien hulle is toe almal uit. Ek het sommer begin huil toe ek sien hoe hulle bid toe hulle bo kom!

mariki said...

So was ons almal saam by hierdie wonderwerk betrokke!