Friday, October 22, 2010

'n "Ag Please" van 'n ander soort hierdie

Lees vandag die volgende kleinadvertensie in ons plaaslike koerant.


Maar waarlik, is ek ondankbaar/lui/bederf om te dink dat -- indien ek sou werk gesoek het -- ek nie eens lus sou gewees het hiervoor nie…..al kry ek hierdie mense REGTIGWAAR jammer. (En al is die vergoeding R104 per uur.)


Wanted: Professional House Organizer and Doer

When: NOW and in future when needed

Pay: $15 p.h.


We live in what would qualify as one of The Messiest Houses in America TV-series.


We don't invite people over because we are too embarrassed. The garage, storage areas, and every room in the house is filled with junk. And, most of it truly is junk. No hidden family treasures, just piles and piles of papers that have to be sorted, trashed, shredded, filed, or acted on. Junk upon junk to an overwhelming, defeating amount.


We live with 10-year-old triplets who have had the world's worst role models for orderliness that a child could have, and they all excel at outdoing their parents in disorderliness.


We need A LOT of help. We need a plan and someone who can put in the time to actually do most of the work as well. My wife and I work full time. I work all the time, at home, which just makes a bigger mess, and I can't find a workspace now that my office has been taken over by clothes and toys.


We need someone with patience, vision, and an ability to communicate that vision to the family. Our two-car garage is a pit, our basement is a pit, and I have a storage unit that is a pit.


I am near tears. Every time I survey the situation it all seems so daunting, I would rather just stick my head in the sand and cry. We don't need advice as much as pleasant, courteous, directive assistance: hands-on assistance with actually doing the work. The yard is also a total mess.


Please respond.

5 comments:

Dané said...

Ooo gaats -- ek kry hulle ok jammer, maar gelukkig soek ek ook nie werk nie, Mariki!

Jan and Miekie said...

Is dit nie om van te huil nie! Ek kyk soms na die "Clean House" op T.V. en slaan my hande saam. Hoe het dit so geraak? Die T.V. span spring in, raak ontslae van die gemors, verf die plek uit, sit nuwe meubels in ens. ens. Almal is dan gaande oor die plek, maar ek wonder hoe lyk dit 'n week/ maand/ jaar later. Dit wys hulle nooit nie.
As die mense nie self leer om ordelik te lewe nie, en 'n hoop selfdissipline aan die dag lê nie, sal al die pogings van die "professional house organizer" niks help nie.
Ek dink ek sou die job nogals kon doen - ek is nie netjies nie, maar ek kan goed sorteer en sisteme in plek kry. Ek weet egter hoe ek voel as ek die motorhuis/ gereedskapkas/ kind se papierhope op lessenaar opgeruim en georganiseer het en hulle gewys het presies waar wat is, en 'n maand later is dit maar weer soos dit was! Papiere is nie geliasseer nie, T-hemde is tussen die jeans, skroewedraaiers tussen die skoene...

Sonja said...

Hahahaha!dit is die snaakste storie! Ek wonder hoe kan iemand toelaat dat sy lewe in so gemors verval!Eish! Ek is bly ek is nie die bediende nie....

mariki said...

Netso, Dané!

Miekie -- "skroewedraaiers tussen die skoene..." -- lekker gelag.

Maar dis die tragiek van gebrek aan opvoeding en reg geleer word -- dink mos nou: het ek al ooit vir die Here dankie gesê dat my Oumoeder my geleer het om netjies te wees...

Sien Sonnie -- ons kan altyd net dankbaar wees!

A human kind of human said...

As ek nader was sou ek ge-voluteer het, maar ek dink nie hulle sou veel van my gehou het aan die einde nie. As daar een ding is wat ek baie goed kan doen, dan is dit weggooi/uitsmyt! Nee sies man, jy verwag mos nie van ander om jou gemors uit te sorteer nie. Ek doen dit nie eers hier in SA waar mense gewoond is aan iemand anders (*die ousie*) wat agter hulle optel nie.