Maar dis presies wat ek Maandagaand gedoen het.
Skoonseun en Poppiedot nooi ons uit vir aandete in ‘n eetplek hier naby. Kom daar, sit en raak aan die gesels.
Die volgende oomblik staan Jongste-maar-Grootste Seun (van Kentucky) aan die oorkant van die tafel!!
En dis tóé dat hierdie ma skree. En HARD.
Alles was natuurlik vooraf beplan deur die jongklomp, en my reaksie was water op hul meul.
Nou kuier ons eers weer ‘n hond uit ‘n bos uit uit vir hierdie korte wekie.
Só verander die Vader toe my hartseer "totsiens-sê-aan-Ousus" in ‘n "heerlike-hallo-vir-Jongste".
........Is Hy nie ook ‘n God van goeie verrassings nie!
5 comments:
Ai dit wonderlik! Ek is so bly om te hoor dit gaan goed met my Ma-riki!xx
haha!!
10 uit 10 vir jou oulike kinders!!
Lekker, Mariki!
(Die foto wys hoe hard die gil was....!)
Dankie, kraaltjie-vriendinne!
Post a Comment