Main Entry: Hal low een
Variant(s): also Hal low e'en /"ha-l&-'wEn, "hä-/
Function: noun
Etymology: short for All Hallow Even (All Saints' Eve)
Date: circa 1700
: October 31 observed especially with dressing up in disguise, trick-or-treating, and displaying jack-o'-lanterns during the evening

En waar kom Halloween (Allerheiligeaand) so ewe vandaan?
Die heidense Keltiese Samhain-fees is waarskynlik die oorsprong van die hedendaagse Halloween.
Die Kelte het hulself meer as 2 000 jaar gelede tuisgemaak in wat vandag die Verenigde Koninkryk, Ierland en Noord Frankryk is.
Hul nuwe jaar het op 1 November geval, maar die feesviering ter ere van die Keltiese doodsgod, (brrr) Samhain (dis nou bietjie anders as die hollandse Piet Hein!), het reeds die vorige aand begin. Hiermee is die seisoen van koue, duisternis en verval ingelui en het dit geassosieer geraak met die dood.
Volgens die Kelte het Samhain (uitgespreek Sah-ween) die siele van die afgestorwenes toegelaat om net vir daardie aand na die aarde terug te keer.

Vir hierdie geleentheid het die feesgangers soms kostuums van dierkoppe en velle gedra, en die toekoms is voorspel deur die oorskot van die offerdier te begluur.
In 43 voor Christus begin die Romeine die Kelte verinneweer en speel vir 400 jaar lank baas oor vandag se Verenigde Koninkryk.
Blykbaar moes hulle gemeen het te veel feesvierdery is nie goed vir die volk nie, en kombineer toe die Romeinse vereringsfees van die afgestorwenes en Pomona, godin van vrugte en bome, se vrugtefees met Samhain se doodsfees – voorwaar ‘n konkoksie!

Baie van die Keltiese gebruike het behoue gebly, selfs nadat die Christendom gevestig geraak het.
Gedurende die 800’s het die kerk 1 November as Allerheiligedag verklaar en maak toe sommer die die ou heidense gebruike deel van dié Christelike vakansiedag. Lekker! En nog later word 2 November die dag waarop die Rooms Katolieke Kerk die onbybelse verering van die dooies vier.



Hmm…klink (of lyk) vir my allermins Bybels of edel, lieflik of loflik…hoe kan ek my dus hiermee ophou, of my kinders toelaat om saggemaak te word vir iets wat beslis nie die Here se Naam tot eer strek nie?