Friday, October 3, 2008

Wat is krieket?



In krieket is daar twee spanne. Die een is uit op die
veld en die ander een is in. Elke speler van die span wat in is, word
uitgevang of uitgeboul deur die span wat uit is. Dan is hy uit.

Wanneer hy uit is kom die volgende een in, wat dan inbly totdat hy uit is.

Wanneer die span wat in is, almal uit is dan is die een span uit en kom die ander span in. Die span wat in was, is dan weer uit op die veld en hulle probeer om die span wat eers uit was en nou in is, almal uit te kry.

Gewoonlik is daar een speler van elke span wat nog in is, en
nie uit is nie, wanneer die span wat in was, uit is. Wanneer albei
spanne in was en uit is, insluitende die spelers wat nie uit is nie, dan is dit die einde van die wedstryd.

***
Nou wel die einde van daardie wedstryd, maar beslis nie van hierdie geselsplek nie, hoewel daar vir die volgende week of twee stilte sal heers vanweĂ« ‘n wegbreekkansie.

Tot anderdag dan,
mariki

5 comments:

Muriel said...

Geniet jou ruskansie :-)

Anonymous said...

Ek is baie lief vir krieket en juis omdat dit so 'n taktiese sport is waar mens moet dink - en ek lief somme.

Geniet julle vakansie

mariki said...

Dankie -- sal so maak.

Desia said...

Geniet die vakansie! (Ek weet niks van krieket of meeste sportsoorte nie, kannie saamgesels nie!)

Anonymous said...

Ek vrek oor krieket, maar na hierdie lessie weet ek nou nog minder as voorheen!

Lekker rus!