Saturday, October 25, 2008

Woerts deur die Wilde Weste (3)

Kleurespel in die woestyn

(Ekskuus as hierdie possie dalk bietjie uitgebreid is, maar die wonder van waaroor dit gaan, is so verstommend!)

Oppad Phoenix toe met I-40 en al sy miljuisendes trokke, het ek wel die padpredikant na die Versteende Woud Nasionale Park gesien, maar weens tydsgebrek en ook omdat ek daardie barre alleenheid nie op my eentjie wou aandurf nie (ek het mos gesê ek is nie onverskillig nie), het ek verbygehou. Teruggaan eendag? Vra jy nog!!

Hier is dus die Nasionale Park se foto’s en inligting, ook oor die “Painted Desert” Park, wat deel van die Versteende Woudpark uitmaak.



Pragtige kwarts in die stukke versteende hout hierbo. Ametis is ook volop. Van die park se beste stukke word gereeld deur vandale beskadig wat stukke juweel uit die stompe kap.

Die versteende hout in hierdie park is feitlik alles soliede kwarts, met ‘n gewig van 168 pond per kubieke voet! Dit is so hard dat dit slegs met ‘n diamantpuntsaag gesny kan word.

(Bo) Die Jaspiswoud. Sover as wat die oog kan sien, lê die kleurvolle woestyn besaai met versteende hout.



Van versteende hout na die asemberowende tonele van die die Geverfde Woestyn.

Die Geverfde Woestyn


Die Geverfde Woestyn is ‘n fantasieland van plat heuwelrante (genoem “mesa” en uitgespreek op’t se Spaans: “m-y-sa”, wat tafel beteken), spits klipkoppe en bar erosieland.




Die Blou Mesa met sy maanagtige landskap.

Hier, in noordoos Arizona lê die aarde en rus onder ‘n sagte kombers van modder, sandsteen en vulkaniese as. Die erosie van hierdie sagte deklaag, sowel as die mineraalryke water wat die grond vlek, veroorsaak ‘n fantasieland van kleur.




Die handewerk van die Here bly immer ongelooflik!

3 comments:

mariki said...

Muriel (Wipneus):

Dit is fantasties Mariki. Ek maak kristalle en klippe bymekaar. Enige ding uit die natuur met 'n mooi vorm word huis toe gedra en in mandjies en bakke uitgestal! hie hei

Hierdie inskrywing van jou is wonderbaarlik en magical!

Dankie
x x


bashinginnieboendoes:

Sjoe!! Mariki, dit is absoluut wonderlik! Ek het nog nooit van die plek gehoor nie. Ek glo dit was 'n belewenis om te sien. Dankie vir die pragtige foto's.


Jan and Miekie:

Absoluut ongelooflike fotos. So bly ek het op jou blog afgekom!


Sandra:

Daardie "woestynwereld" lyk darem heeltemal anders as die een wat ons hier het. Dis pragtig.

mariki said...

Muriel - jy is darem 'n begaafde mens met so baie belangstellings en so aan die gang!

Ja, boendoe, dis IS pragtig.

Jan en Miekie, welkom, ek hoop ons kuier nog lank en lekker saam, hoor!

Sandra, as hier maar net olie was...

Huisvrou said...

Dis Pragtige Wêreld Mariki!!