Thursday, October 23, 2008
Van vreugde en verdriet
Eergister kuier ek op verskillende blogs.
By Desia die groot opwinding oor ‘n nuwe lewetjie; by Wipneus die verhaal van vergete oumense in bejaardesentrums.
Spieëlbeeld van die lewe.
Altyd weer sonlig en skadu, lag en trane: altyd weer
vreugde en verdriet.
Geen wonder die digter sê:
Sit Vreude aan tafel om jou maaltyd te deel,
dan wag Verdriet al op jou bed om jou nagrus te steel.
En mens onthou die Hollanse vers: zonder vreugde, geen verdriet, want zonder een, bestaan het ander niet.
Loskom hiervan, kan nie een van ons nie. En vergeefs sal ons probeer om die verdriet te ontsnap.
Maar oee! Dan lees ek Army Carmichael:
“Verdriet is een van die dinge wat geleen, en nie gegee word nie. Iets wat geleen word, mag teruggeneem word; iets wat gegee word, nie. Vreugde word gegee, verdriet word geleen.
Ons behoort nie aan onsself nie, ons is gekoop teen ‘n prys en ons verdriet is nie ons s’n nie – dit is aan ons geleen vir ‘n kort tydjie sodat ons dit mag gebruik met die oog op die ewigheid. Dan sal dit van ons weggeneem word en ons sal die present van ewigheidsvreugde in die plek daarvan kry, en die Here God sal al die trane van ons oë afdroog.
So, laat ons hierdie “geleende” ding gebruik om ons nader te trek na die hart van Hom, eens die Man van Smarte. (Hy is dit nie meer nie, maar Hy het die gevoel van smart en verdriet nie vergeet nie).
Laat ons hierdie “geleende” ding gebruik om ons te dring om liefdevol teenoor ander op te tree, soos Hy gedoen het toe Hy op aarde was; en soos Hy nou, op hierdie oomblik, met liefde en teerheid op ons lyding en verdriet neerkyk.”
En nou wéét ek: mens kan vreugde ervaar te midde van verdriet!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
4 comments:
Ek stem saam. Into each life a little rain must fall!
Droog die reën af, môre is dit weer sonskyn!
Baie mooi inskrywing! :)
Jy beskryf dit so goed Mariki.
Mens sou seker 'n sinlose "fool" word as daar geen hartseer, net liefde, vreugde en voorspoed, in jou lewe was, want hoe groei ("mature") 'n mens sonder dit?
Ja, Wipneus, onontwykbaar. Maar die hoop bly!
Desia, presies, ons het dit nodig. Al is die eina! partykeer erg-erg.
Die twee loop so hand aan hand ja, maar soos Desia se ons groei in die proses en dis so 'n blessing
Post a Comment