Tuesday, June 2, 2009

Vlug 447

“Ek weet skaars waar om te begin, maar die liefde is altyd ‘n veilige plek.” -- Emily Dickinson

*************



Tweehonderd-agt-en-twintig mense sterwe tesame in die stikdonkerte van die nag in die ysige waters van die Atlantiese Oseaan: 126 mans, 82 vrouens, sewe kinders en ‘n kleine ou babetjie.

Angs, donkerte, dood.

En vergeefs wag die geliefdes op ‘n blye weersiens.

Vir hulle is daar net skok, verwarring, afgryse.


Wáár en hóé begin mens om dit te verwerk?

Ek kan aan net een plek dink – die plek van die liefde.

By die Een wat liefde is.

God.


Ek ken nie die antwoorde op die waaroms en die wroegingsvrae nie, maar ek klou verbete vas aan die Een wat dit wel ken. En Hy, so sê my Bybel, maak geen fout nie.

En ek kies Here, om teen U bors te kom huil.

Vader, ek glo dat die dood – die laaste vyand wat oorwin moet word (en deur, en in Christus klaar oorwin IS) -– die werktuig is wat my sal uitbring by U ewige omhelsing.

My Geliefde, is my Veilige Plek.

10 comments:

Oom Petrus said...

Hi Mariki,

Ja hierdie is 'n verskriklike ramp.

Maar die enigste skuilplek is by ons Hemelse Vader Dit is Hy wat vertroos en trane afdroog en mettertyd aanvaarding bring
Groete

Anonymous said...

Hallo weer M

Is gelukkig weer terug in die land van die lewendes. Het nog nie alles opgevang op jou bloggie nie, maar promise om van nou af gereeld te kom loer, hoor.

Hierdie was ‘n pragtige possie. Thx!

C’la

mariki said...

Net so, Oom P.

C'tjie!! Heerlik om jou hier te hê. Bly alles goed; en kom kuier tog gou weer.

Nimsi se Blog said...

My hart huil saam met hierdie mense!
Dankie hierdie is n prag inskrywing.

mariki said...

Dankie ou Nims. En ja, hoe kan ons dan nie saamhuil nie.

Jan and Miekie said...

Amen Mariki! Net God kan troos. Ek dink net daaraan hoe hartseer dit is vir hulle wie se geliefdes nie reeds die Hoop en die Liefde gekies het nie...

Mariette. said...

Ai mens sal nie altyd hierdie dinge verstaan nie.
Dit is 'n groot tragedie, ons kan net berus in die wete dat dit in die wil van ons Vader was.
En ons kan net bid dat hy Sy vertroosting en Hand van liefde oor die wat agter gebly het hou.

groete en lekker naweek.

mariki said...

o Miekie.....

Jy sê dit so raak, Vlooitjie.

Desia said...

Wanneer so 'n ramp gebeur wonder ek altyd of die mense aan boord tyd gehad het, tussen die angs deur om tot bekering te kom? Om te weet dis die einde van hul aardse bestaan en wat nou voorle? Ek wil tog so glo.

mariki said...

Hiervoor hou ek ook net vas aan die goedheid van'n liefdevolle God, Desia.