Thursday, January 14, 2010

Haiti, die duiwel en ek

Skok en verbystering en diep simpatie. Dis hoe mens voel oor die ramp wat Haiti getref het.

En dan begin hoor jy berigte dat Haiti in ‘n komplot met die duiwel was. Lang jare bestaan die storie al – en geglo deur vooraanstaande Christene (en nou praat ek nie van Pat Robinson en sy TV-program wat ‘n patetiese en verwerplike beeld van Christenskap uitdra nie.)

Haiti se tragiese verhaal begin toe die inheemse bevolking wreedaardig deur die Spanjaarde gekolonialiseer is. Feitlik ook heeltemal uitgemoor. Soveel so, dat die Franse wat later oorgeneem het, slawe uit Afrika ingevoer het. (En die Rooms-Katolieke priesters hulle probeer kersten het, soos die sendeling Jean-Baptiste Labat. Hy skryf ‘n gloeiende verslag in sy dagboek oor hoedat hy ‘n slaaf doodgeslaan het “om sy siel te red.”)

Saam met die slawe het voodoo gekom en, lui die storie, tydens ‘n slawe-opstand in 1791 is Haiti aan die duiwel oorgegee as hy hulle sou help om vry te kom.

Hierdie eed is na bewering weer rondom die begin van hierdie eeu deur die toentydse president Jean-Bertrand Aristide herbevestig.

Wat wel soos ‘n paal bo water staan, is dat op 8 April 2003, Aristide voodoo as die amptelike godsdiens van Haiti verklaar het.

Maar pas dit ons om nou rond te hardloop en te sê dat hierdie verskriklike aardbewing God se spesifieke straf teen die afgodsdiens in Haiti is?

Wat was dan die oorsaak dat die Here die tsunami teen Indonesië gestuur het? (Waar terloops) hoevéle Christene ook omgekom het?

Dan beter ons hier in Amerika ons bitter vinnig voorberei vir wat wag op hierdie land met sy groeiende veragting vir God.

Laat ons nie die vinger probeer wys namens die Here nie. Maar laat ons ook nie vergeet nie dat God wel die sonde (enige sonde) haat –- ook my eie, persoonlike sonde – en laat ons ons bekeer en opreg voor Hom leef.

Want dit is, so het Dawid reeds geweet, verskriklik om te val in die hande van die Lewende God.


~~~~~~



[Daar word beraam dat 213 miljoen mense wêreldwyd in 2009 weens natuurrampe omgekom het, en 220 miljoen die jaar vantevore.]









11 comments:

Sonja said...

Dit is vreeslik!Ek kry altyd die onskuldige kindertjies jammer wat so weerloos in alles is.

Dané said...

Dankie vir die duidelike uiteensetting van 'n christen se posisie hierin, Mariki.

En dat soveel miljoene mense elke jaar in natuurrampe omkom, is verbysterend.

Dankie tog dat mens die Here ken.

mariki said...

Dis on-indinkbaar, Sonja!

Ek beaam jou "dankie-tog" van harte, Dané.

Anonymous said...

Great dat jy trug is, maaikie.

This is so horrible. En hille het dit nog altyd baie sleg gehad met poverty en siektes.

C

mariki said...

Ja, 'n geteisterde land, voorwaar, C'tjie. Mag die evangelie dalk tog deur hierdie ramp en al die christen-reddingswerkers, ingang kry in daardie mense se harte en lewens.

Nimsi se Blog said...

Sulke goed laat my altyd stom...

mariki said...

Ek weet presies wat jy sê, Nims.

Jan and Miekie said...

Dis soos Nimsi sê "Verstommend!" 'n Mens kan maar net bid dat sulke natuurrampe sal bydra om mense tot inkeer te laat kom en te laat besef dat ons in die hande van die almagtige God is! Dit laat my dink, hoe hier bidure gehou word in droogtetye, maar in groentye soos nou is daar nooit georganiseerde dankdienste nie.
Die voodoo ding laat my wonder. Ons Bafana-bafana het juis begin vrot speel juis toe hulle begin bokke of beeste slag of so iets - of so lyk dit my - en nou wil hulle sulke offers bring voor hulle wedstryde in die wêreldbeker. Ek dink dan moet hulle maar verloor wat. Sal dit nie wonderlik wees as hulle liewers bid nie - as hulle darem 'n paar wedstryde wen, sal dit soveel vir S.A. beteken.

mariki said...

Jip Mieks, ek onthou van noodbiddery, maar geen dankbaarheidsbyeenkomste nie....(behalwe een of twee keertjies of wat.)

Afgodsrituele voor sokkerwedstryde??
Wat nóg?!!

SA Expats said...

Pat Robinson doen Christenskap meer skade aan as goed. In my persoonlike opinie.

mariki said...

Expat, stem SOOO met jou saam!!