Thursday, January 14, 2010

Die lewe se onthou

So is Kersfees 2009 amper vergeet alweer agter die rug.


Die jaar van onse Here 2010 (is dit nie die mooiste manier om dit te benoem nie?) het stilletjies aangebreek, ons laaste kinders is ook weer terug na eie huis en haard en saam met die gemis van die heerlike pret, gewoelery en gelag deur, word die Kersboom afgeslaan, lakens en handdoeke gewas en speelgoed gebêre tot ‘n volgende kuier.


Om dit nogmaals te kon beleef het, en boonop nogal hier in Annerland – dis mos van die bestes van genade!


Dus dan: verlang moet hierdie ma en ouma nou maar. Daaraan is nie te ontkom nie. Die kosbare herinneringe is immers gemaak, en dié sal lang jare in ons harte leef.


Bowendien, so skryf die digter Barend Toerien mos: Om te onthou, is om te lewe.



2 comments:

Dané said...

"Om te onthou is om te lewe." Pragtig, Mariki.

En baie bly julle was so geseënd oor hierdie Kersgety.

Beste wense vir die nuwe jaar.

mariki said...

Dankie vir goeie wense, Dané. Spesiaal vir jou en joues ook, hoor.