Tuesday, May 11, 2010

Divining Divine weather

Buite sous dit. Soms net ‘n ligter misreën; dan weer sulke vaal waterveegsels voor die venster verby.


Soos in my Kaapse kleintyd.


Behalwe dat die Kaap baie ver is, en my kleintyd ligjare gelede.


EN dat dit lankal veronderstel was om uitbundiglik lente te wees.


Maar wie is in beheer van “veronderstel”?


Soos ‘n tydjie gelede toe oudste kabouterbekkie (5) by was, terwyl haar pa die weerberig voorlees.


Sy sit hom ‘n tydjie so en beluister, en toe:


“Daddy, do these people speak to God before they write about the weather in the newspaper?”


!!!


6 comments:

Anonymous said...

Sooo cute!

C

Dané said...

Verbasend hoe diep die kleinding gedink het! Kon nie help om te glimlag nie!

mariki said...

Netso, Dané.

Nimsi se Blog said...

Ek self kon nou nie n "smile" keer nie!

Desia said...

Uit die mond van die suigeling...onthou ek die uitdrukking nou reg?

mariki said...

Suiwer onthou, Desia.