Thursday, October 30, 2008

Verskonings, verskonings

Ek het so ‘n idee ek het met party van julle se koppe gesmokkel die afgelope 24 uur!

Iewers gisternag het ek die veelkleurige woestynpossie klaar, waaraan ek nogal lank gewerk het – maar baie in my skik daarmee.

Toe ek dit vanoggend bekyk, staar sulke ontsierende wit kolle waar daar prentjies moet wees, my in die gesig.

Ek was verstom – IEMAND moes oornag my prentjies weggedra het! (As dit in Ouland was, kon ek dit verstaan, want ek sal my nie min verbaas as hulle daar al so grys is om selfs jou blogs te besteel nie…)

Skryf toe gou ‘n verskoninkie (pak die skuld op die neukenaar) en noem dat ek nie weet hoe om te korrigeer nie. En toe vind ek uit hoe, en vee die verskoningpossie uit.

Nou sien jy my…nou sien jy my nie…

(Wonder of ek moet waghou by my blog vannag?)

Vir vergoeding pos ek nou maar weer hierdie grappie:

Letter to the bank from a worried customer…

Dear Sirs

In view of current developments in the banking market, if one of my cheques is returned “insufficient funds”, does that refer to me or to you?

Yours faithfully

4 comments:

Sandra said...

Weet nie wat jy gedoen het nie, maar ek kon die prentjies die eerste keer sien.

mariki said...

Ek sal nooooit weet wat gebeur het nie, Sandra; dis daai diewe, sê ek jou...

Jan and Miekie said...

Dankie, daar is nou meer prentjies, maar nog 'n paar wat my rekenaar nie wil oopmaak nie? Ek kan dink dit het jou lank gevat om al die fotos te "download". Of nie? Ek is maar baie dom as dit kom by blog.
(Jy wil nie weet watse woord ek moet tik om hierdie te kan publiseer nie! Dis f...!!)

mariki said...

Hoe! ek het darem 'n gesukkel gehad met hierdie prentjies, en nog steeds! Wou al blokmoord pleeg. Ek vermoed dit het met kopiereg te doene, maar ek het nie probeer steel nie, ek het dit van die Parkeraad se publieke web afgehaal. Nou ja....

Daai woord is "fervlaks"!