Monday, December 7, 2009

Oordaad

Dis soms so moeilik om inkopies – sommer net vir kruideniersware ook -- hier te doen. Selfs na heelwat jare nog.


Die rede? Eintlik 'n baie jammer ene.


‘n Vriend skryf:


“Ek wou nou al ‘n paar keer vir my nuwe handskoene koop, maar soos met baie ander dinge hier, loop ek dan weer by die winkel uit sonder om dit te doen. Daar is net eenvoudig té ‘n groot keuse van alles.


‘n Eenvoudige voorbeeld is ‘toothpics’. Tannestokkies -- daardie houtjies waarmee mens net jou tanne skoonmaak. Dis nie net die plattes en rondes waaraan ons gewoond is nie: dis plasties, hout, vierkantig, plat, rond, reenboogkleure, met strikkies aan, individueel verpak, in houertjies wat weer ‘n netso groot verskeidenheid het en dan, as dit jou nie tevrede stel nie -- nog gegeurdes ook!”


(Vriend, koop die mooies, ek sien mens kan kersboompies daarvan maak!)


9 comments:

Dané said...

En as ek dit reg het, dan word dit ook nie aldag deur die algemene mensdom daar, waardeer nie?

Nimsi se Blog said...

Inderdaad genoeg om die "gewone" mens te verwar ne!

Thea said...

"Spoilt for choice" inderdaad. Maar is die Amerikaners nie maar bekend daarvoor dat alles moet groter, beter of die beste wees as die res van die wêreld s'n nie?

Soms is dit lekker as mens 'n groot verskeidenheid het om van te kies maar ek het self al menigmaal uit 'n winkel geloop sonder om iets te koop net omdat die keuse te groot was (veral krale en materiaalwinkels).

Anonymous said...

Well stated deur julle vriend oor hierdie saak.

C (ook baie confused...)

mariki said...

Ai Nims, en dan IS ek tog so baie gewoon...dus: baie deurmekaar hierso.

Thea: so waar. En ken ek nie daai gevoel veral in die materiaalwinkel nie!

C'tjie -- is DIT waarvoor die C altyd staan, maaikie??!

Anonymous said...

Mariki, het vandag net kommentaar gelewer oor die groente wat ek nie in die hande kon kry vir regte egte groentesop nie, maar die tandestokkies, wel, die het ons al wel hier raak geloop. Ons naaste groot winkel is so 'n uur se ry weg, so mens moet maar inkopies mooi beplan, veral nou in die koue weer....-18 gradeC vandag.
Groete, Amanda

mariki said...

Hallo, Amanda -- lekker om hier te kuier!!

My simpatie met die gebrek aan groente -- dis dan so 'n staatmakersoppie vir die winter tog...

En daai uur se ry winkel toe, klink soos om in te ry van die plaas af dorp toe, destyds van jare.

Anonymous said...

Die ver ry vir inkopies word maar 'n dagtrippie, amper soos 'n vakansiedag!!! ek besef vandag eers werklik dat waaroor ek gekla het toe ek nog by die huis was eintlik absoluut minimaal was. Hier waardeer mens dinge soveel meer, omdat jy meer betrokke daarby is, en siedaar, mens is nooit te oud om nuwe dinge te leer nie. Sal graag vir jou 'n foto wil stuur oor hoe mooi dit hier is met die wit sneeu, weet net nie mooi hoe om hom op die blog te kry nie.
warm groete

mariki said...

Ek is natuurlik baie lief vir ry, en so kan mens, soos jy sê, van die inkopietog 'n plessiertrippie maak.
Maar ek glo dit kos fyn beplan, want petrol vreet ook vinnig dollers.

Stuur gerus vir my daai beloofde foto, ek behoort hom in my e-pos te kan sien.

"Warm groete", ook aan jou.