Tuesday, December 15, 2009

Vat DIT, OU

Dave Nosek se buurman het jaar ná jaar uitsonderlike Kersversierings.


Elke jaar word dit net meer en meer. En byhou kan (en wil) Dave Nosek nie.


En al is ou Dave nou nie ‘n Boer nie, maak hy toe vanjaar ‘n plan. En ‘n goeie ene: met ‘n paar ineengedraaide stringe Kersliggies “skryf” hy die woord “DITTO” bo sy motorhuisdeure, en teken ‘n pyl in die rigting van buurman se “ligwerke”.


Buurman het vyf dae lank gearbei om al daai liggies uit die kartonne te haal, los te wikkel en te ranggeer. Dave kon ná ‘n skrale uur terugstaan en sy eie handewerk bewonder.


Wat meer is: die meeste motors hou deesdae voor Dave se huis stil om foto’s te neem…..



5 comments:

Dané said...

Ag, ek dink dit is alte oulik! Slim man, dié Dave.

Nimsi se Blog said...

Nou ja... daar het jy dit nou ne!

mariki said...

Baie oorspronklik, né julle! Wens meer mense het so 'n sin vir humor gehad.

Sonja said...

Dit is grappig! Klink of daar n groot wedywering is,ek wil nie eers weet wat het al daai liggies gekos nie!

mariki said...

Reg, Sonnie, ons wil nie vra nie en liewers nie weet nie.