Sunday, February 7, 2010

.dlerêw moroovetsretgA

(Nee, dis nie Russies nie, dis net dat hierdie wêreld so sieklik onderstebo en deurmekaar is...)
~~~
~~~

In 1987, terwyl Pam Tebow en haar man sendingwerk in die Fillipyne gedoen het, het sy baie siek geword. Sy was swanger en die dokters het haar aangeraai om ter wille van haar eie veiligheid, ‘n aborsie te ondergaan.


Pam het geweier en ná twee maande se bedrus, het sy geboorte geskenk aan Tim Tebow, wat die afgelope paar jaar as ‘n voetbalster roem verwerf het en gereken word as een van die beste Amerikaanse studente-atlete ooit.



Dis ‘n inspirerende verhaal.


Vandag is dit die Superbowl (die eindstryd van Amerikaanse Professionele Voetbal, waartydens feitlik al wat ‘n Amerikaner is, voor die TV vasgenael sit), en in rustyd word daar ‘n halfminuut-advertensie oor die Tebows uitgesaai (geborg deur James Dobson se Focus on the Family.)


Maar WAT ‘n furore het die afgelope twee weke in Amerika dáároor geheers – sonder dat enigiemand nog die advertensie gesien het!


Die blote idee dat ‘n vrou kan besluit om, teen die advies van haar dokters in, ‘n babatjie voltermyn te dra, is genoeg om landswyd woedende reaksie te ontlok.


Die presidente van die Nasionale Vroue-organisasie, Terry O’Neill, sê dat so ‘n advertensie “uiters aanvallend en vernederend” is. Hoewel sy g’n idee het wat die advertensie gaan uitbeeld nie, reken sy dat “dit disrespekvol teenoor ander mense se lewens is. Dis beledigend om één manier van lewe as superieur teenoor ‘n ander, voor te hou.”


Greg Doyel, ‘n nasionale rubriekskrywer, spoeg vuur oor die komende advertensie, want “…..dis die heiligste dag van die jaar. Beslis nie ‘n dag om aborsie te bespreek nie.


“Miskien op ‘n minder belangike plek ja, maar nie op die heiligste dag van die jaar in almal se teenwoordigheid nie.”


WAT ‘n kommentaar lewer hierdie gegewe oor ons kultuur. ‘n Dertig sekonde-lange, hartsverblydende storie oor die heiligheid van lewe en ‘n vrou wat haar lewe waag ter wille van haar kind – en dit is nou aanstootlik, vernederend en onwaardig om bespreek te word op “die heiligste dag” van die jaar??!


Ons leef voorwaar in ‘n agterstevoorom en donker, donker wêreld.


5 comments:

Anonymous said...

Oh, this is such a great christian guy!

Ek is bly dat die ad so groot attention gekry het.

C

mariki said...

C'tjie, hy IS 'n pragtige en voorbeeldige seun, en sterk gelowig. Herinner my baie aan joues, vriendin.

Sonja said...

Dit is n baie mooi verhaal!Wens ons kan meer sulke positiewe dinge hoor!

Dané said...

Ek is gek oor die "Russies"!

Ja Mariki, die wêreld is donker. Dankie tog ons ken die Lig!

mariki said...

Ag, Sonnie, soooo waar.

Ha-ha, daai "Russies"! En ja, JA, Dané!