Tuesday, February 2, 2010

Die land van (t)alle moontlikhede

Groot bewondering vir die feit dat in hierdie land daar sovele moontlikhede vir sovele mense bestaan. Sekerlik is Amerika die onbetwiste leier in die wêreld op hierdie gebied.


En dit is opwindend om dit te beleef. Dat baie, baie mense in staat gestel word om hul potensiaal, drome en ideale uit te leef.


Maar soms, net soms, dan kry ek lag vir party van die idees wat dus ook tot uitvoer gebring kan word: hier naby ons by ‘n hoogaangeskrewe hospitaal word kursusse (teen betaling) aangebied in die Lamaze-geboortetegniek; borsvoeding; baba-versorging; baba-noodhulp en ook….Introducing Your Dog to Your Baby.


“Learn to help your dog adapt to the new addition and create a safe environment for both dog and baby.”


Anderhalfur lank.


Koste: “net” R150.


(Verstaan ek iets nie mooi nie, of is Ouland se honde maar net sommer vanself op die spoor....)


In elk geval, ek hoop waarlik die honde hier naby, kan die klas verniet meemaak.




Duidelik het hierdie gedierte se mense nie die klas geloop nie....


(Alle foto's NMN -- nie myne nie)

7 comments:

Sonja said...

O ek geniet jou humorsin!!! Dit is so snaaks(die laaste foto!)Hier begin ek by die begin en kyk na al hierdie dierbare honde wat tog so cute is...tot jy by die laaste klein stoutert kom!! Dit is oulik! Ek het nou so lekker gelag!

Sonja said...

Terwyl ek nou so hier sit,kom daar n nuusberig op wat se dat hulle n sekere ouerpaar nou gaan vonnis omdat hulle nagelaat het om hulle kind dokter toe te vat met urienweginfeksie,maar eerder vir hom gebid het en toe gaan hy dood! Ek wens ek het meer van die detail geweet want hoe kan hulle daarvoor gevonnis word of wat moet n mens nou van so iets dink???

Huisvrou said...

Ek had 'n Pit Bull (reg gelees!) wat permanent onder die baba se wiegie geslaap het. Dit was haar lêplek. Ek moes net keer dat sy nie die baba in die gesig lek nie.... Selfs wanneer ek gevoed het, was Snoopy reg onder my stoel!

Dané said...

Bietjie oordrewe, sou ek sê?

Maar dan, dit IS goed om te weet jou kind is veilig by jou hond. Maar ek weet darem nou ook nie van baie gevalle in SA waar honde nuwe babatjies aangeval het nie?

Daardie laaste foto is te lagwekkend!

mariki said...

Sonnie, ek dink ook dis 'n kostelike foto. En ag, is lag nie soooooo lekker nie?

Jip, jou tweede possie verwys na 'n baie ingewikkelde saak. En hier -- en ek glo in baie ander lande ook -- is sake heeltemal deurmekaar oor wat perssoonlike regte is en wat nie!

Anonymous said...

Ag man, daai laaste pickie is pragtig!

Maar nog al ons doggies was self cute genoeg om ons nuwe babies uit te figure, thanks.

C

mariki said...

Marlize, dankie. Ek het gewéét Ouland-honde het nie hierdie klasse nodig nie!

Dané en C'tjie -- Marelize sê ons is reg -- hierdie klasse is bietjie verspot.

En reg, daai laaste foto vat die koek!