Wednesday, February 10, 2010

Rooi in die gesig

Focus on the Family, ‘n Christen-organisasie met Dr. James Dobson aan die stuur (hy het verlede jaar uitgetree), het oor tye heen ‘n diens van onskatbare waarde aan die Amerikaanse volk (en internasionaal) gelewer.

Ontelbare verlore lewens is vir ewig gered, en ontelbare stukkende lewens – mans, vrouens, kinders, enkellopendes, gesinne, bejaardes – is herstel en sinvol help maak.

Dis húlle advertensie wat toe voor Sondag soveel oproer veroorsaak het. (Sien vorige possie.)


En?


Voor en gedurende, en ná die Superbowl kon die hele land (106 miljoen amptelike kykers het die wedstryd bekyk, sê die koerant!) uiteindelik sien waaroor die bohaai vooraf gegaan het – en vir my is die video’tjie so slim en smaakvol aanmekaar gesit; maar nogtans kon niemand die dieper boodskap mis nie!


Die einste Terry O’Neill wat so gal gebraak het (vorige possie), staan belaglik en rooi in die gesig – wie kan op grond van hierdie halfminuut vir Fokus beskuldig van selfverheffing en voorskriftelikheid en “holier than thou”- heid?


Maar van iets móét hulle beskudig word. En daarom sê sy nou: “die advertensie vertoon geweld teen vroue. Dis totaal afkeurenswaardig.”


Ha-ha-ha!!




En die Here het die hele bohaai vir Koninkryksvoordeel gebruik:


Focus vertel dat die besoeke aan hul webwerf net ná die advertensie, met 40% gestyg het – en 500 000 keer bekyk is. Ook het 5 000 mense hierdie week ingeteken op hul familietydskrif! (Is die Here nie goed nie!~)


Ek sit met so ‘n “sweet smile” en kyk na die kostelike advertensie wat die kern van menswees vasvat: om opreg voor God te leef, en hoe Hy mens daarvoor seën.


“Let’s go for it!”


3 comments:

Sonja said...

Ek dink dit is dierbaar!En snaaks.
Maar hulle sal altyd iets soek.Hoekom begin hulle nie by hulleself nie.

Dané said...

Ag, is dit nou nie die pragtigste ma-en-seun storie nie. En om te dink hy was amper nie gebore nie! Prys God!

Ek lag ook vir die teenstanders. (Ek mag mos maar dink die Here ook?!)

mariki said...

Presies soos jy sê, Sonja.

Kolskoot, D!