Wednesday, February 24, 2010

Wat IS dit met die Duitse kinnertjies?

‘n Avontuurlike negejarige het vandeesweek al wat ‘n polisieman is in Beiere (Duitsland) op loop gejaag, nadat hy weggeraak het in ‘n poging om te gaan goud soek in Italië.


Gelukkig is die klein reisiger skaars 20 kilometer van sy huis af gevind –- en hy het darem ‘n uitgeskeurde bladsy van ‘n atlas by hom gehad.


‘n Hele paar honderd polisiemanne, brandslaners en ‘n polisiehelikopter het aan die soektog deelgeneem.


Toe hulle hom opspoor, het die knaap vertel dat hy “so gou as moontlik ‘n goudprospekteerder wil word, want dit sal baie meer werd wees as om skool klaar te maak.”


Vroeë vanjaar het drie klein Duitsertjies van hul kleuterskool af weggeloop om te probeer om Afrika toe te gaan vlieg.


En laasjaar het twee opgeskotes (een ses en die ander sewe) op Oujaarsaand die pad uit Hannover uit gevat om weg te loop, ook Afrika toe, om daar te gaan trou.


(Nóú weet ek: die Duitse kinnertjies beskik nog oor ‘n goeie verbeelding!)


7 comments:

Dané said...

Ek is bly die kinders is almal veilig, maar kon nie help om te lag nie. Daai goudsoekertjie klink na 'n regte klein materialis!

mariki said...

Ja, eintlik is dit snaaks, Dané. Jammer net die wêreld is so 'n gevaarlike plek vir weglopers.

Anonymous said...

They too seem to know what they want, maater. Maar ek ken dit, met my Duitse familie.

C

Gogga said...

Wel toe ek 4 was het ek by die kleuterskool weg geloop.
2 besige paaie en 'n ontsnapings plan van uit die geomheinde speelgrond het ek die 3 km tot by die huis in een stuk gemaak. Ek het tot vandag toe 'n avontuurlistige streek in my

Jan and Miekie said...

Ek wonder wat hulle die kinders in die leer? Dit lyk my hulle fokus baie op "Ek kan enige iets doen." Baie selfvertroue wat die kinders darem het! En soos jy sê, baie verbeelding. Goeie ding, maar miskien moet hulle ook 'n bietjie meer fokus op verantwoordelikheid en veiligheid. Ons arme kinders daarenteen word (noodgedwonge) so baie oor veiligheid ingeprent, dat ek dink alle ondernemingsgees wegvlieg. Sad state of affairs!

Tussen hakies ek het jou "ou pos" ook baie geniet. Is die ou fototjies van die tweelinge nie te kosbaar nie. Net nog so drie of vier wekies en dan is Franco se sussie hier!

mariki said...

Gogga! Vroeg begin met die avonture, né.

Welkom hier!

mariki said...

Lekkerrr om weer bietjie saam te kuier, Mieks!!

Ja, as ek ver terugdink aan die vryheid van ons kinderdae....

Aggg, ek wens ek was naby om die mannetjie se sussie te help verwelkom. (Nie dat daar 'n gebrek aan verwelkoming sal wees nie!!)

Mag alles goed afloop.